Spring na inhoud

Sê nou my ouers is besig om te skei?

Sê nou my ouers is besig om te skei?

Wat jy kan doen

 Praat oor jou bekommernisse. Sê vir jou ouers hoe hartseer of verward jy is. Miskien sal hulle vir jou kan verduidelik wat aangaan en jou sodoende minder angstig laat voel.

 As jou ouers jou nie die ondersteuning kan gee wat jy nodig het nie, kan jy dalk ’n vriend wat ’n volwasse beskouing van sake het, in jou vertroue neem.—Spreuke 17:17.

 Bowenal kan jy ’n horende oor vind by jou hemelse Vader, die “Hoorder van die gebed” (Psalm 65:2). Stort jou hart voor hom uit, “want hy sorg vir [jou].”—1 Petrus 5:7.

Wat om nie te doen nie

Om jou ouers se egskeiding te verwerk, is soos om te herstel nadat jy jou arm gebreek het—dit is pynlik, maar jy sal uiteindelik genees

 Moenie ’n wrok koester nie. “My ouers was selfsugtig,” sê Daniel, wie se ouers geskei het toe hy sewe was. “Hulle het nie werklik aan ons gedink en hoe hulle dade ons sou raak nie.”

 Hoe sal Daniel homself benadeel as hy nie sy woede en gegriefdheid oorkom nie?—Leidraad: Lees Spreuke 29:22.

 Waarom sal dit goed wees vir Daniel om sy ouers te probeer vergewe vir die feit dat hulle hom seergemaak het?—Leidraad: Lees Efesiërs 4:31, 32.

 Vermy selfvernietigende gedrag. “Ek was ongelukkig en terneergedruk ná my ouers se egskeiding,” vertel Denny. “Ek het probleme op skool begin ondervind en het een jaar gedruip. Daarna . . . het ek die hanswors in die klas geword en baie baklei.”

 Wat dink jy het Denny laat besluit om so op te tree?

 Hoe kan die beginsel in Galasiërs 6:7 mense soos Denny help om selfvernietigende gedrag te vermy?

 Tyd is nodig vir emosionele wonde om te genees. Maar namate jou lewe begin stabiliseer, sal jy weer normaal begin voel.