Spring na inhoud

Gemeentelike vergaderinge van Jehovah se Getuies

Vind uit oor ons vergaderinge. Vind ’n vergaderplek naby jou.

Soek na ’n vergadering naby jou (maak nuwe venster oop)

Wat gebeur by ons vergaderinge?

Jehovah se Getuies vergader twee keer per week vir aanbidding (Hebreërs 10:24, 25). By hierdie vergaderinge, wat oop is vir die publiek, ondersoek ons wat die Bybel sê en hoe ons die leringe daarvan in ons lewe kan toepas.

Die meeste van ons dienste sluit gehoordeelname in, wat baie soortgelyk is aan ’n klasbespreking. Gehoordeelname is vrywillig. Vergaderinge word geopen en afgesluit met lied en gebed.

Jy hoef nie een van Jehovah se Getuies te wees om ons vergaderinge by te woon nie. Ons nooi almal om te kom. Sitplekke is gratis. Geen kollektes word ooit opgeneem nie.