Spring na inhoud

‘Maak die goeie nuus bekend!’

Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies vir 2024

Toegang is gratis Geen kollektes nie

Hoogtepunte van die program

Vrydag: Kyk na bewyse dat die goeie nuus oor Jesus in die Evangelieverslae ’n akkurate rekord van sy lewe is. Vind uit hoe ons vandag by hierdie Bybelverslae kan baat vind.

Saterdag: Wat het profesieë gesê oor Jesus se geboorte en sy kinderlewe, en het daardie profesieë regtig waar geword?

Sondag: Vind uit hoekom miljoene mense redes het om veilig te voel en vol vertroue te wees al word dinge in die wêreld rondom ons net al hoe slegter. Dit sal bespreek word in die Bybeltoespraak: “Hoekom ons nie bang is vir slegte nuus nie.”

Drama

Die goeie nuus volgens Jesus: Episode 1

Die ware lig van die wêreld

Jesus se wonderdadige geboorte was maar net die eerste van ’n reeks belangrike gebeurtenisse toe Jesus baie jonk was. Sy ouers het hom na Egipte toe geneem omdat ’n koning hom wou doodmaak. Later het hy van die grootste onderrigters van sy dag verstom met die manier waarop hy ander geleer het. Kyk hoe hierdie en ander tonele Vrydag en Saterdag in die tweedelige episode afspeel.

Kyk na die volgende video’s oor hierdie jaar se streekbyeenkoms

Wat gebeur by ons streekbyeenkomste?

Vind uit wat jy by ’n streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies kan verwag.

Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies vir 2024: ‘Maak die goeie nuus bekend!’

Kry ’n voorsmakie van hierdie jaar se streekbyeenkomsprogram.

Lokprent vir drama: Die goeie nuus volgens Jesus.

Baie mense weet van Jesus se wonderdadige geboorte. Maar watter dinge het voor en ná Jesus se opwindende geboorte gebeur?