Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 IS DIT ONTWERP?

Die “siende” skelet van die slangster

Die “siende” skelet van die slangster

DIE slangster, wat ’n rifbewoner is, het ’n verbasende soort pantser aan sy bokant. Hierdie deel van sy skelet is vol mikroskopiese lense wat die dier se pantser in ’n saamgestelde oog verander.

Kristalknoppies op die skelet is mikrolense van ’n hoë gehalte

Dink hieraan: Toe wetenskaplikes die skeletplaatjies van die slangster ondersoek, het hulle “’n ongewone patroon van kristalhelder knoppies [gesien] wat dig op mekaar is en wat elkeen dunner as ’n mensehaar is”, sê die tydskrif Natural History. Hierdie kristalknoppies van kalsiumkarbonaat (kalsiet) is mikrolense van ’n hoë gehalte wat lig fokus op wat blykbaar liggevoelige senuwees net onder die plaatjies is. Wat meer is, die lense het presies die regte vorm om die slangster te laat “sien”.

Die skeikundige Joanna Aizenberg sê dat die slangster se tweedoelige pantser “’n belangrike beginsel toelig: in biologie word materiale dikwels ten volle benut om verskeie take te verrig”.

Navorsers het inligting omtrent die biologie van die slangster gebruik om ’n eenvoudige, goedkoop metode te vind om rangskikkings van mikrolense uit kalsiumkarbonaat te maak. Hierdie rangskikkings word onder andere gebruik vir telekommunikasie, waar dit ligseine deur optiese vesels gelei.

Wat dink jy? Het die “siende” skelet van die slangster deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?