Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

panitan/stock.adobe.com

GEDENKMAALKAMPANJE

Jesus sal ’n einde aan armoede maak

Jesus sal ’n einde aan armoede maak

 Terwyl Jesus op aarde was, het hy gewys dat hy mense baie liefhet, veral dié wat arm is en swaarkry (Matteus 9:36). Hy het selfs sy lewe opgeoffer sodat ander daarby kan baat vind (Matteus 20:28; Johannes 15:13). Binnekort sal hy weer sy liefde vir mense bewys deur sy gesag en krag as Koning van God se Koninkryk te gebruik om regoor die aarde ’n einde aan armoede te maak.

 Die Bybel gebruik pragtige woorde om te beskryf wat Jesus sal doen:

  •   “Laat hy die hulpeloses onder die volk verdedig, laat hy die kinders van die arme red.” – Psalm 72:4.

 Hoe kan ons ons waardering wys vir alles wat Jesus alreeds vir ons gedoen het en nog vir ons sal doen? In Lukas 22:19 het Jesus vir sy volgelinge gesê om sy dood te herdenk. Dit is hoekom Jehovah se Getuies elke jaar, op die herdenking van sy dood, bymekaarkom. Ons nooi jou om op Sondag 24 Maart 2024 die Herdenking van Jesus se dood saam met ons te herdenk.

Vind ’n Gedenkmaal