Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

’n Wêreld sonder armoede—Is dit moontlik?

Hoe sal god ’n wêreld sonder armoede tot stand bring?Matteus 6:9, 10.

Volslae armoede eis elke jaar miljoene lewens as gevolg van die wanvoeding en siekte wat dit meebring. Hoewel party dele van die wêreld welvarend is, lewe ’n groot deel van die mensdom nog steeds in volslae armoede. Die Bybel toon dat armoede ’n voortdurende probleem onder die mensdom is.—Lees Johannes 12:8.

Om armoede tot ’n einde te bring, het ons ’n wêreldregering nodig. So ’n regering sal die mag moet hê om die aarde se hulpbronne regverdig te verdeel en om ’n einde te maak aan oorloë, wat ’n vername oorsaak van armoede is. God het so ’n wêreldregering belowe.—Lees Daniël 2:44.

Wie kan armoede uit die weg ruim?

God het sy Seun, Jesus, aangestel om oor die hele mensdom te regeer (Psalm 2:4-8). Jesus sal die armes red en ’n einde aan onderdrukking en geweld maak.—Lees Psalm 72:8, 12-14.

As die voorspelde “Vredevors”, sal Jesus wêreldwye vrede en veiligheid tot stand bring. Dan sal almal op die aarde in hulle eie huis woon, bevredigende werk geniet en oorgenoeg hê om te eet.—Lees Jesaja 9:6, 7; 65:21-23.