Spring na inhoud

Geldprobleme en skuld—Kan die Bybel help?

Geldprobleme en skuld—Kan die Bybel help?

Die Bybel se antwoord

 Ja. Die volgende vier Bybelbeginsels kan jou met geldprobleme en skuld help:

  1.   Beplan wat jy gaan bestee. “Die planne van die vlytige lei gewis tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur gewis op gebrek af” (Spreuke 21:5). Moenie haastig wees om iets te koop net omdat dit op ’n uitverkoping is nie. Stel ’n begroting op en bly daarby.

  2.   Vermy onnodige skuld. “Die lener is ’n kneg van die man wat uitleen” (Spreuke 22:7). As jy reeds in die skuld is en jy nie jou verpligtinge kan nakom nie, kan jy probeer om ’n nuwe afbetalingsplan met jou krediteure uit te werk. Moenie gou tou opgooi nie. Volg die raad wat die Bybel gee aan iemand wat onverstandig borg gestaan het vir ’n lening en dus die verantwoordelikheid vir die skuld aanvaar het: “Gaan soebat hom, gaan pleit by hom; moenie gaan slaap nie, bly wakker” (Spreuke 6:1-5, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Al is jou eerste versoek nie suksesvol nie, moet jy aanhou om ’n aanpassing te vra.

  3.   Hou geld op sy plek. “’n Inhalige mens wil gou ryk word; hy besef nie dat daar vir hom gebrek wag nie” (Spreuke 28:22, NAB). Nie net kan afguns en gierigheid tot finansiële ondergang lei nie, maar dit kan ook geestelike belange verdring.

  4.   Wees vergenoeg. “As ons dan voedsel, klere en onderdak het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees” (1 Timoteus 6:8). Geld kan nie geluk of vergenoegdheid koop nie. Party van die gelukkigste mense in die wêreld het nie baie geld nie. Maar hulle het wel die liefde van familie en vriende sowel as ’n vriendskap met God.—Spreuke 15:17; 1 Petrus 5:6, 7.