Spreuke 6:1-35

  • Wees versigtig om borg te staan (1-5)

  • “Gaan na die mier, jou luiaard” (6-11)

  • Nikswerd en goddelose man (12-15)

  • Sewe dinge wat Jehovah haat (16-19)

  • Pasop vir slegte vrouens (20-35)

6  My seun, as jy vir jou medemens borg gestaan het,+as jy ’n ooreenkoms gemaak het* met ’n vreemdeling,+   as jy verstrik geraak het deur wat jy belowe heten vasgevang is deur jou eie woorde,+   dan moet jy die volgende doen, my seun, en jouself bevry,want jy het in die mag* van jou medemens beland: Gaan verneder jou voor jou medemens en pleit by hom.+   Moenie rus nieen moenie jou oë toemaak om te slaap nie.   Bevry jouself soos ’n wildsbok uit die hand van die jagteren soos ’n voël uit die hand van die voëlvanger.   Gaan na die mier, jou luiaard.+ Hou hom dop en word wys.   Hoewel hy geen bevelvoerder, opsigter of leier het nie,   berei hy sy kos in die somer voor+en samel hy sy kosvoorraad tydens die oes in.   Hoe lank sal jy daar lê, jou luiaard? Wanneer gaan jy wakker word en opstaan? 10  Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer,nog ’n bietjie handevou om te rus,+ 11  en jou armoede sal kom soos ’n dief,en swaarkry sal jou oorval soos ’n gewapende man.+ 12  ’n Nikswerd en goddelose man versprei leuens.+ 13  Hy knip sy oog,+ beduie met sy voet en gee tekens met sy vingers. 14  Omdat sy hart sleg is,beplan hy heeltyd slegte dinge+ en maak hy moeilikheid waar hy ook al gaan.+ 15  Daarom sal rampspoed hom skielik tref. In ’n oomblik sal sy ondergang kom, en daar sal geen genesing wees nie.+ 16  Daar is ses dinge wat Jehovah haat;ja, sewe dinge wat vir hom afskuwelik is: 17  Oë vol hoogmoed,+ ’n tong wat leuens vertel+ en hande wat onskuldige mense doodmaak,+ 18  ’n hart wat goddelose dinge beplan+ en voete wat gou is om na slegtheid te hardloop, 19  ’n valse getuie wat die een leuen ná die ander vertel+en iemand wat onenigheid tussen broers veroorsaak.+ 20  My seun, gehoorsaam die gebod van jou paen moenie die onderrigting* van jou ma verwerp nie.+ 21  Bind dit vir altyd om jou hart;bind dit om jou nek. 22  Wanneer jy loop, sal dit jou lei;wanneer jy gaan lê, sal dit oor jou wag hou;en wanneer jy wakker word, sal dit vir jou sê wat om te doen.* 23  Want die gebod is ’n lamp,+en die wet is ’n lig,+en teregwysing en dissipline is die weg na die lewe.+ 24  Dit sal jou beskerm teen die slegte vrou,+teen die verleidelike tong van die onsedelike* vrou.+ 25  Moet haar nie in jou hart begeer omdat sy mooi is nie,+en moenie toelaat dat sy jou met haar verleidelike oë vang nie. 26  Want weens ’n prostituut sal ’n man net ’n brood oorhê,+maar ’n ander man se vrou kan ’n man sy lewe kos. 27  Kan iemand brandende kole teen sy lyf hou sonder dat sy klere aan die brand raak?+ 28  Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brand? 29  So gaan dit ook met iemand wat seksuele omgang het met ’n ander man se vrou. Niemand wat aan haar raak, sal ongestraf bly nie.+ 30  Mense hou dit nie teen ’n diefas hy steel omdat hy honger is nie. 31  Maar as hy gevang word, sal hy sewe keer soveel moet terugbetaal. Hy sal al die waardevolle dinge in sy huis moet gee.+ 32  Enigiemand wat met ’n vrou egbreuk pleeg, het geen verstand nie. Die een wat dit doen, bring rampspoed oor homself.+ 33  Hy sal net pyn en vernedering oor homself bring,+en sy skande sal nie uitgewis word nie.+ 34  Want jaloesie sal die vrou se man woedend maak. Hy sal geen genade betoon wanneer hy wraak neem nie.+ 35  Daar is niks wat jy kan doen om te vergoed nie. Geen geskenk sal hom tot bedaring bring nie, al is dit ook hoe groot.

Voetnote

Of “hand geskud het”.
Lett. “hand”.
Of “wet”.
Of “jou onderrig”.
Lett. “uitlandse”. Sien Spr 2:16.