Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jy kan ’n beter lewe hê – Hoe?

Jy kan ’n beter lewe hê – Hoe?

DIE lewe is nie vandag soos God wou hê dit moet wees nie. God wou hê dat die aarde vol mense moet wees wat baat vind by sy leiding, wat sy liefdevolle persoonlikheid weerspieël en wat sy reg om te regeer, respekteer. Hy wou hê dat hulle gelukkig moet wees terwyl hulle met mekaar saamwerk, kinders grootmaak, nuwe dinge ontdek en die aarde ’n paradys maak.

GOD BELOWE OM ONS DIE LEWE TE GEE WAT HY VIR ONS IN GEDAGTE GEHAD HET

  • “Hy laat oorloë ophou tot aan die einde van die aarde.” – Psalm 46:9.

  • ‘Die vasgestelde tyd het gekom om die verderwers van die aarde te verderf.’ – Openbaring 11:18.

  • “Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.” Jesaja 33:24.

  • “Die werk van hulle eie hande sal my uitverkorenes ten volle benut.” – Jesaja 65:22.

Hoe sal hierdie profesieë vervul word? God het sy Seun, Jesus, aangestel as Koning van ’n volmaakte regering wat vanuit die hemel oor die aarde sal regeer. Die Bybel noem dit die Koninkryk van God (Daniël 2:44). Die Bybel sê oor Jesus: “God sal hom die troon . . . gee, en hy sal vir ewig as koning . . . heers.” – Lukas 1:32, 33.

Terwyl Jesus op die aarde was, het hy baie wonderwerke gedoen om te bewys dat mense ’n baie beter lewe sal hê wanneer hy as Koning regeer.

JESUS HET GEWYS WATTER GOEIE DINGE HY VIR GEHOORSAME MENSE SAL DOEN

  • Deur elke soort siekte te genees, het hy gewys dat hy ’n einde sal maak aan alle siektes. – Matteus 9:35.

  • Deur die see te laat bedaar, het hy gewys dat hy mense sal beskerm deur die natuurkragte te beheer. – Markus 4:36-39.

  • Deur vir duisende mense kos te gee, het hy gewys dat hy vir mense alles sal gee wat hulle nodig het. – Markus 6:41-44.

  • Deur water in wyn te verander, het hy gewys dat hy mense sal help om die lewe te geniet. – Johannes 2:7-11.

God wil hê dat almal wat vir hom lief is, die beste lewe moontlik moet hê. Hoe kan jy daardie soort lewe hê? Daar is ’n “pad” wat jy moet volg. Die Bybel beskryf dit as “die pad wat na die lewe lei, en dié wat dit vind, is min”. – Matteus 7:14.

DIE PAD NA ’N BETER LEWE

Wat is die pad na die lewe? God sê: “Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel, die Een wat jou laat loop op die weg wat jy moet bewandel” (Jesaja 48:17). As jy hierdie pad volg, sal jy die beste lewe moontlik geniet.

Jesus het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” (Johannes 14:6). As ons die waarhede glo wat Jesus ons geleer het en sy voorbeeld volg, sal ons nader aan God kom en sal ons onsself bevoordeel.

Hoe kan jy die pad na die lewe vind? Daar is baie godsdienste, maar Jesus het gewaarsku: “Nie elkeen wat vir my sê: ‘Here, Here’, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is” (Matteus 7:21). Hy het ook gesê: “Aan hulle vrugte sal julle hulle herken” (Matteus 7:16). Die Bybel kan jou help om te sien wat die verskil is tussen ware en valse godsdiens en om die ware godsdiens te identifiseer. – Johannes 17:17.

Hoe kan jy die pad volg wat na die lewe lei? Jy moet die Een leer ken wat aan almal lewe gegee het. Wie is hy? Wat is sy naam? Watter soort persoon is hy? Wat doen hy? Wat wil hy hê moet ons doen? *

God het meer vir mense in gedagte as om net te werk, te eet, te speel en om kinders groot te maak. Ons kan ons Skepper leer ken en sy vriend word. Ons kan vir hom wys dat ons hom liefhet deur te doen wat hy van ons verwag. Jesus het gesê: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God.” – Johannes 17:3.

DEUR MIDDEL VAN DIE BYBEL LEER GOD JOU “OM JOUSELF TE BEVOORDEEL”. – JESAJA 48:17

NEEM DIE EERSTE STAP

Om die enigste ware God gelukkig te maak, sal dalk beteken dat jy sekere veranderinge in jou lewe moet maak. Dit kan dalk moeilik lyk. Maar in werklikheid is dit soos ’n wonderlike reis wat na ’n beter lewe lei. Jy moet net die eerste stap neem. Jehovah se Getuies bied ’n gratis Bybelstudie aan wat jou kan help om antwoorde te vind oor basiese vrae oor God. Die Bybelstudie kan gehou word op ’n tyd en plek wat jou pas. Besoek gerus ons webwerf, www.isa4310.com/af, om ons te kontak.