Volgens Markus 4:1-41

  • ILLUSTRASIES OOR DIE KONINKRYK (1-34)

    • Die saaier (1-9)

    • Hoekom Jesus illustrasies gebruik het (10-12)

    • Illustrasie van saaier verduidelik (13-20)

    • Lamp nie onder ’n emmer nie (21-23)

    • Die maat waarmee jy uitmeet (24, 25)

    • Die saaier wat slaap (26-29)

    • Die mosterdsaadjie (30-32)

    • Die gebruik van illustrasies (33, 34)

  • Jesus laat ’n storm bedaar (35-41)

4  Hy het weer mense langs die see begin leer, en ’n baie groot skare het naby hom bymekaargekom. Toe het hy in ’n boot op die see geklim en daarin gaan sit, maar die hele skare was langs die see, op die strand.+  En hy het hulle baie dinge deur middel van illustrasies begin leer,+ en hy het vir hulle gesê:+  “Luister! Die saaier het uitgegaan om te saai.+  Terwyl hy gesaai het, het van die saad langs die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgeëet.  Ander saad het op ’n rotsagtige plek geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het onmiddellik opgeskiet omdat die grond nie diep was nie.+  Maar toe die son opkom, is dit verskroei, en omdat dit nie wortels gehad het nie, het dit uitgedroog.  Nog ander saad het tussen die dorings geval, en die dorings het opgekom en gekeer dat dit verder groei, en dit het geen vrug gedra nie.+  Maar ander saad het op die goeie grond geval, en dit het gegroei en toegeneem en vrug begin dra: 30, 60 en 100 keer soveel.”+  Toe het hy bygevoeg: “Laat die een wat ore het om te luister, luister.”+ 10  Toe hy alleen was, het dié wat saam met die Twaalf rondom hom was, hom oor die illustrasies begin uitvra.+ 11  Hy het vir hulle gesê: “Die heilige geheim+ van die Koninkryk van God is aan julle gegee, maar vir dié wat buite is, is alles net in illustrasies.+ 12  Daarom sal hulle kyk, maar tog sal hulle nie sien nie, en sal hulle hoor, maar tog sal hulle nie die betekenis daarvan verstaan nie. Hulle sal ook nooit terugdraai en vergifnis ontvang nie.”+ 13  Verder het hy vir hulle gesê: “Julle verstaan nie hierdie illustrasie nie. Hoe sal julle dan al die ander illustrasies verstaan? 14  “Die saaier saai die woord.+ 15  Party mense is soos die saad wat langs die pad geval het. Sodra hulle die woord hoor, kom Satan+ en neem hy die woord weg wat in hulle gesaai is.+ 16  Ander mense is soos die saad wat op rotsagtige grond gesaai is. Sodra hulle die woord hoor, aanvaar hulle dit met vreugde.+ 17  Tog skiet hulle nie wortel nie. Hulle bly ’n tyd lank, maar sodra daar probleme of vervolging ontstaan as gevolg van die woord, struikel hulle. 18  Daar is nog ander wat tussen die dorings gesaai is. Dit is die mense wat die woord gehoor het,+ 19  maar die bekommernisse+ van hierdie wêreld* en die bedrieglike krag van rykdom+ en die begeertes+ na allerhande ander dinge dring in en keer dat die woord verder groei, en dit word onvrugbaar. 20  Maar dié wat op die goeie grond gesaai is, is dié wat na die woord luister en dit aanvaar en vrug dra: 30, 60 en 100 keer soveel.”+ 21  Hy het ook vir hulle gesê: “’n Lamp word tog nie gebring om onder ’n emmer* of onder ’n bed gesit te word nie, of hoe? Word dit nie gebring om op ’n lampstaander gesit te word nie?+ 22  Want daar is niks wat bedek is wat nie openbaar gemaak sal word nie, en daar is niks wat sorgvuldig weggesteek is wat nie aan die lig sal kom nie.+ 23  Laat elkeen wat ore het om te luister, luister.”+ 24  Hy het verder vir hulle gesê: “Skenk aandag aan wat julle hoor.+ Met die maathouer waarmee julle uitmeet, sal daar vir julle uitgemeet word, ja, meer sal vir julle bygevoeg word. 25  Want as iemand het, sal meer aan hom gegee word,+ maar as iemand nie het nie, sal selfs wat hy het, van hom af weggeneem word.”+ 26  Toe het hy gesê: “Die Koninkryk van God is net soos wanneer iemand saad op die grond gooi. 27  Hy slaap in die nag en staan op in die oggend, en die saad spruit uit en word groot – hy weet nie presies hoe dit gebeur nie. 28  Die grond bring vanself geleidelik vrug voort: eers die stingel, dan die aar en uiteindelik die graankorrels in die aar. 29  Maar sodra die graan ryp is, steek hy die sekel in, want die oestyd het gekom.” 30  Hy het verder gesê: “Waarmee kan ons die Koninkryk van God vergelyk, of met watter illustrasie kan ons dit verduidelik? 31  Dit is soos ’n mosterdsaadjie wat die kleinste van al die sade op die aarde is wanneer dit in die grond gesaai word.+ 32  Maar nadat dit gesaai is, groei dit en word dit groter as al die ander groentesoorte, met takke wat so groot is dat die voëls van die hemel blyplek onder sy skaduwee kan vind.” 33  Hy het dikwels sulke illustrasies+ gebruik om die woord aan hulle bekend te maak, volgens wat hulle kon verstaan. 34  Ja, sonder ’n illustrasie het hy nie met hulle gepraat nie, maar hy het alles aan sy dissipels verduidelik wanneer hulle alleen was.+ 35  En toe dit daardie dag aand word, het hy vir hulle gesê: “Kom ons gaan oor na die oorkantste oewer.”+ 36  Nadat hulle die skare weggestuur het, het hulle Jesus in die boot geneem.* Daar was ook ander bote by hom.+ 37  En ’n baie groot windstorm het losgebars, en die golwe het aanhoudend by die boot ingeslaan, en die boot was amper vol.+ 38  Maar Jesus het in die agterste deel van die boot op die kussing geslaap. En hulle het hom wakker gemaak en vir hom gevra: “Leermeester, gee u nie om dat ons op die punt staan om dood te gaan nie?” 39  Toe het hy opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: “Bedaar! Wees stil!”+ En die wind het gaan lê, en ’n groot kalmte het oor die see gekom. 40  Toe het hy vir hulle gevra: “Hoekom is julle so bang? Het julle nog steeds geen geloof nie?” 41  Maar hulle het baie bang geword, en hulle het vir mekaar gesê: “Wie is hy regtig? Selfs die wind en die see gehoorsaam hom.”+

Voetnote

Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.
Of “maatemmer”.
Lett. “in die boot geneem, net soos hy was”.