Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | IS JY IN BEHEER VAN JOU LEWE?

Die uitdaging: Negatiewe gevoelens

Die uitdaging: Negatiewe gevoelens

WORD jy deur sterk emosies—soos hartseer, woede of gegriefdheid—oorweldig? Indien wel, sal jy dalk min tyd of energie oorhê om te doen wat werklik vir jou belangrik is. Wat kan jy daaromtrent doen? *

BYBELVOORBEELD: DAWID

Koning Dawid het ’n wye verskeidenheid emosies ervaar—insluitende angs en hartseer. Wat het hom gehelp? Dawid het sake in God se hande gelaat (1 Samuel 24:12, 15). Hy het ook sy gevoelens neergeskryf. En as ’n man van geloof het hy dikwels gebid. *

WAT GREGORY DOEN

Soos ons in die eerste artikel gemeld het, ly Gregory aan ’n angsversteuring. “Ek het my uitermate bekommer; dit was buite beheer”, sê hy. Hoe het Gregory weer beheer oor sy gedagtes gekry? “Om perspektief te kry”, sê hy, “het ek die liefdevolle hulp van my vrou en vriende aanvaar. Ek het ook professionele hulp verkry en meer omtrent my probleem geleer. Nadat ek ’n paar aanpassings aan my lewenswyse gemaak het, het ek begin voel dat ek in beheer is van my mediese toestand, nie andersom nie. Hoewel ek nog steeds van tyd tot tyd angsgevoelens ondervind, verstaan ek nou beter wat dit veroorsaak en hoe om my versteuring te hanteer.”

“’n Vreugdevolle hart is ’n goeie geneesmiddel.”Spreuke 17:22

WAT JY KAN DOEN

As negatiewe gevoelens jou lewe oorheers, kan jy die volgende probeer:

  • Skryf jou gevoelens in ’n dagboek neer.

  • Praat met ’n familielid of ’n hegte vriend oor hoe jy voel.

  • Moenie bloot aanvaar dat jou negatiewe gevoelens geregverdig is nie. Vra jou byvoorbeeld af: ‘Het ek werklik rede om so ’n negatiewe beskouing van myself te hê?’

  • Moenie aan angs, woede of gegriefdheid vashou nie. Gebruik jou energie eerder vir iets meer produktiefs. *

Die slotsom: Dikwels is negatiewe gevoelens nie die gevolg van ons omstandighede nie, maar van hoe ons dit beskou.

^ par. 3 Party negatiewe emosies kan die gevolg wees van ’n gesondheidsprobleem waarvoor jy dalk professionele behandeling moet kry. Ontwaak! staan nie enige spesifieke behandeling voor nie. Elke persoon moet sy of haar opsies sorgvuldig oorweeg voordat hy of sy ’n besluit neem.

^ par. 5 Baie van die psalms in die Bybel is gebede van Dawid wat hy neergeskryf het.

^ par. 13 Vir meer inligting, sien die voorbladreeks “Wat jy omtrent angstigheid kan doen” in Die Wagtoring van 1 Julie 2015.