Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

hadynyah/E+ via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Wêreldwye voedselkrisis as gevolg van oorlog en klimaatsverandering – Wat sê die Bybel?

Wêreldwye voedselkrisis as gevolg van oorlog en klimaatsverandering – Wat sê die Bybel?

 Die oorlog in Oekraïne saam met die uitwerking van klimaatsverandering hou aan om chaos te veroorsaak wanneer dit kom by voedselvoorraad wêreldwyd. Dit is veral die geval in ontwikkelende lande waar baie mense sukkel om genoeg kos te kry.

  •   “Die produksie en beskikbaarheid van kos word geaffekteer deur konflik, klimaatsverandering, elektrisiteit- en brandstofpryse en nog ander dinge.” – António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, 17 Julie 2023.

  •   “Deskundiges voorspel dat Rusland se onttrekking uit die graanuitvoerooreenkoms die wêreldwye voedselsekerheidskrisis sal vererger en tot hoër voedselinflasie in lande met lae-inkomste sal lei, veral in Noord-Afrika en die Midde-Ooste.” – Atalayar.com, 23 Julie 2023.

 Kyk na wat die Bybel sê oor die voedselkrisis in die wêreld en wat in die toekoms sal gebeur.

Die Bybel het ’n voedselkrisis voorspel

  •   Jesus het voorspel: “Nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk, en daar sal voedseltekorte . . . wees.”Matteus 24:7.

  •   Die Bybelboek Openbaring beskryf vier simboliese perderuiters. Een van hierdie perderuiters stel oorlog voor. Hy word gevolg deur nog ’n perderuiter wat hongersnood voorstel, ’n tydperk wanneer kos beperk sou wees en teen baie hoë pryse verkoop sou word. “Ek het gesien: daar was ’n swart perd. Sy ruiter het ’n skaal in sy hand gehad. Toe het ek iets soos ’n stem . . . hoor sê: ‘Net een skeppie koring vir ’n dagloon en net drie skeppies gars vir ’n dagloon.’” – Openbaring 6:5, 6, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (1983).

 Hierdie Bybelprofesieë oor ’n voedselkrisis word nou vervul in die tyd wat die Bybel “die laaste dae” noem (2 Timoteus 3:1). Om meer uit te vind oor “die laaste dae” en die vier perderuiters van Openbaring, kyk na die video Die wêreld het verander vanaf 1914 en lees die artikel “Die vier perderuiters—Wie is hulle?

Hoe die Bybel kan help

  •   Die Bybel bevat praktiese raad wat ons kan help om moeilike omstandighede te hanteer, insluitende stygende voedselpryse of selfs voedseltekorte. Sien ’n paar voorbeelde hiervan in die artikel “Hoe om met minder geld klaar te kom”.

  •   Die Bybel gee ons ook hoop dat dinge beter sal word. Dit belowe ’n tyd wanneer “daar . . . volop graan op die aarde [sal] wees” en almal oorgenoeg sal hê om te eet (Psalm 72:16). Om meer uit te vind oor hierdie hoop vir die toekoms en hoekom jy dit kan vertrou, lees die artikel “’n Ware hoop vir ’n beter toekoms”.