Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW LIBRARY

Gebruik die geskiedenisfunksie​—Android

Gebruik die geskiedenisfunksie​—Android

JW Library onthou die artikels en Bybelhoofstukke wat jy lees. Dit kan byvoorbeeld nuttig wees as jy terug wil gaan na ’n Bybelvers wat jy vroeër gelees het.

Volg hierdie instruksies om die geskiedenisfunksie te gebruik:

 Gaan terug in geskiedenis

Tik op die Geskiedenis-knoppie om die lys Bybelverse en artikels te sien wat jy onlangs gelees het. Tik op ’n Bybelvers of artikel op die lys om dit weer oop te maak.

 Vee geskiedenis uit

Tik op die Geskiedenis-knoppie om die geskiedenislys oop te maak. Tik op die Vee uit-knoppie om die lys skoon te maak.

Hierdie funksies is in Mei 2014 vrygestel met JW Library 1.2, wat werk met Android 2.3 of nuwer weergawes. As jy hierdie funksies nie sien nie, moet jy asseblief die instruksies volg in die artikel “Begin JW Library gebruik—Android”, onder Kry die nuutste weergawe.