Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW LIBRARY

Laai Bybels af en organiseer dit​—Android

Laai Bybels af en organiseer dit​—Android

’n Hoofkenmerk van JW Library is dat jy die Bybel daarin kan lees en studeer.

Volg hierdie instruksies om Bybelvertalings af te laai en te organiseer:

 Laai ’n Bybelvertaling af

Jy kan Bybelvertalings aflaai en dit later lees en studeer wanneer jy nie aanlyn is nie.

  • Maak die navigasie-opsie oop en tik op Bybel om die lys Bybelboeke te sien.

  • Tik op die Tale-knoppie om al die beskikbare Bybelvertalings te sien. Bybelvertalings wat jy die meeste gebruik, sal bo-aan die lys verskyn. Jy kan ook na ’n taal of ’n Bybelvertaling soek deur dit in te tik. Byvoorbeeld, tik “int” vir die Kingdom Interlinear in Engels of “port” vir alle Portugese Bybels.

  • Bybels wat jy nog nie afgelaai het nie, word met ’n klein wolkie aangedui. Tik op ’n Bybel om dit af te laai. Sodra die Bybel op jou toestel afgelaai is, sal die klein wolkie verdwyn. Tik weer op die Bybel om dit te lees.

As jy nie die Bybelvertaling sien waarna jy soek nie, kyk asseblief weer by ’n ander geleentheid. Ander Bybelvertalings sal bygevoeg word sodra dit beskikbaar is.

 Verwyder ’n Bybelvertaling

Jy kan ’n Bybelvertaling verwyder as jy dit nie meer nodig het nie of as jy plek op jou toestel nodig het.

Maak die navigasie-opsie oop en tik op Bybel en dan op die Tale-knoppie om die lys Bybelvertalings te sien. Tik op die drie kolletjies langs die Bybel wat jy wil verwyder, en tik dan op Skrap.

 Kry bywerkings vir ’n Bybelvertaling

Van tyd tot tyd sal ’n Bybelvertaling wat jy reeds afgelaai het, bygewerk word.

’n Bybelvertaling wat bygewerk is, het twee klein pyltjies. Wanneer jy op die Bybelvertaling tik sal ’n boodskap verskyn wat sê dat dit bygewerk is. Kies Laai af om dit af te laai of tik op Later as jy dit nie nou wil doen nie.

Hierdie funksies is in Februarie 2015 vrygestel met JW Library 1.4, wat werk met Android 2.3 of nuwer weergawes. As jy hierdie funksies nie sien nie, moet jy asseblief die instruksies volg in die artikel “Begin JW Library gebruik ​—Android”, onder Kry die nuutste weergawe.