Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW LIBRARY

Stel en organiseer boekmerke​—Android

Stel en organiseer boekmerke​—Android

Boekmerke in JW Library maak dit vir jou moontlik om jou plek te hou in enige publikasie, net soos jy met ’n boekmerk jou plek sal hou in ’n gedrukte boek. In JW Library kan jy 10 boekmerke in elke publikasie gebruik.

Volg hierdie instruksies om boekmerke te gebruik:

 Stel ’n nuwe boekmerk

Jy kan ’n artikel of hoofstuk boekmerk, of jy kan ’n spesifieke paragraaf of Bybelvers boekmerk.

Om ’n artikel of hoofstuk te boekmerk, tik op die Boekmerk-knoppie. ’n Lys sal verskyn met al die boekmerke in die publikasie. Tik op ’n leë boekmerk om jou huidige artikel of hoofstuk te merk.

Om ’n spesifieke paragraaf of Bybelvers te boekmerk, tik eers op die teks, en dan op die Boekmerk-knoppie wat verskyn.

 Gaan na ’n boekmerk

Om na ’n boekmerk te gaan, maak die publikasie oop waarin die boekmerk is; tik dan op die Boekmerk-knoppie. Tik op die boekmerk wat jy wil oopmaak.

 Organiseer jou boekmerke

Nadat jy ’n boekmerk gestel het, kan jy dit verwyder of vervang.

Om ’n boekmerk te verwyder, tik op die Boekmerk-knoppie, tik dan op die drie kolletjies langs die boekmerk wat jy wil verwyder. Kies dan Skrap.

Om ’n boekmerk te vervang, tik op die Boekmerk-knoppie, tik dan op die drie kolletjies langs die boekmerk wat jy wil vervang. Kies dan Vervang. Die boekmerk sal geskuif word na jou huidige plek. Dit kan jou help om te onthou waar jy die vorige keer opgehou lees het. Jy kan dit byvoorbeeld gebruik om jou plek te hou met jou daaglikse Bybellees.

Hierdie funksies is in Mei 2014 vrygestel met JW Library 1.2, wat werk met Android 2.3 of nuwer weergawes. As jy hierdie funksies nie sien nie, moet jy asseblief die instruksies volg in die artikel “Begin JW Library gebruik—Android”, onder Kry die nuutste weergawe.