Spring na inhoud

DIE BYBEL VERANDER LEWENS

Hulle het die “pêrel van groot waarde” gevind

Hulle het die “pêrel van groot waarde” gevind

 Jesus het ander geleer dat God se Koninkryk al die probleme van die mensdom sal oplos (Matteus 6:10). In Matteus 13:44-46 het hy die volgende twee illustrasies gegee om te wys hoe waardevol die waarheid oor God se Koninkryk is:

  •   ’n Man het in ’n veld gewerk en onverwags ’n skat gevind wat weggesteek was.

  •   ’n Reisende handelaar wat na mooi pêrels gesoek het, het een pêrel van groot waarde gevind.

 Albei mans was so bly dat hulle al hulle besittings verkoop het om die skat wat hulle gevind het, te kry. Hierdie mans verteenwoordig mense wat die Koninkryk as so waardevol beskou het dat hulle groot opofferinge gemaak het om die seëninge daarvan te kry (Lukas 18:29, 30). Kyk in hierdie video na die verhaal van twee mense wat soos die mans in Jesus se illustrasies is.