Spring na inhoud

Doen Jehovah se Getuies sendingwerk?

Doen Jehovah se Getuies sendingwerk?

 Ja. Waar ons ook al woon, Jehovah se Getuies streef almal daarna om ’n sendinggesindheid, of -gees, te openbaar deur gereeld ons geloof bekend te maak aan mense wat ons teëkom.—Matteus 28:19, 20.

 Daarbenewens besoek party Getuies gebiede in hulle eie land waar baie mense nog nie die goeie nuus uit die Bybel gehoor het nie of trek hulle daarheen. En party Getuies trek na ander lande om hulle bediening uit te brei. Hulle is bly dat hulle ’n aandeel aan die vervulling van Jesus se profesie kan hê: “Julle sal getuies van my wees . . . tot in die mees afgeleë deel van die aarde.”—Handelinge 1:8.

 In 1943 het ons ’n skool gestig om gespesialiseerde opleiding aan ons sendelinge te voorsien. Sedertdien het meer as 8 000 Getuies hierdie skool, die Wagtoring-Bybelskool Gilead, bygewoon.