Spring na inhoud

Het Jehovah se Getuies geestelikes wat betaal word?

Het Jehovah se Getuies geestelikes wat betaal word?

 In navolging van die eerste-eeuse Christelike godsdiens tref Jehovah se Getuies nie ’n onderskeid tussen geestelikes en leke nie. Alle gedoopte Getuies is geordende bedienaars en neem deel aan die predikings- en onderrigtingswerk. Getuies word in gemeentes van ongeveer 100 gelowiges georganiseer. In elke gemeente is daar geestelik volwasse manne wat as “ouer manne” dien (Titus 1:5). Hulle doen dit sonder om vir hulle dienste betaal te word.