Spring na inhoud

Is poligamie aanvaarbaar?

Is poligamie aanvaarbaar?

Die Bybel se antwoord

 God het mans ’n ruk lank toegelaat om meer as een vrou te hê (Genesis 4:19; 16:1-4; 29:18-29). Maar God was nie die insteller van poligamie nie. Hy het Adam net een vrou gegee.

 God het Jesus Christus die gesag gegee om Sy oorspronklike standaard van monogamie te herstel (Johannes 8:28). Toe Jesus oor die huwelik gevra is, het hy gesê dat “Hy wat hulle geskep het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het en gesê het: ‘Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en die twee sal een vlees wees.’”—Matteus 19:4, 5.

 Een van Jesus se dissipels is later deur God geïnspireer om te skryf: “Laat elke man . . . sy eie vrou hê en elke vrou haar eie man” (1 Korintiërs 7:2). Die Bybel sê ook dat enige getroude man in die Christengemeente aan wie spesiale verantwoordelikhede gegee word, “die man van een vrou” moet wees.—1 Timoteus 3:2, 12.