Spring na inhoud

Verbied die Bybel seksuele genot?

Verbied die Bybel seksuele genot?

Die Bybel se antwoord

 Die Bybel verbied nie seksuele genot nie, maar toon eerder dat dit ’n gawe van God aan huweliksmaats is. Hy het mense as “man en vrou” geskep en het hierdie skepping as “baie goed” beskou (Genesis 1:27, 31). Toe hy die eerste man en vrou in die huwelik verenig het, het hy gesê dat hulle “een vlees” moet word (Genesis 2:24). Hierdie band het die genot van seksuele intimiteit sowel as ’n hegte emosionele verbintenis ingesluit.

 Die Bybel beskryf die genot wat mans uit die huwelik put met hierdie woorde: “Verheug jou met die vrou van jou jeug . . . Laat haar borste jou te alle tye bedwelm. Mag jy voortdurend met haar liefde in ekstase wees” (Spreuke 5:18, 19). God wil ook hê dat vrouens seks moet geniet. Die Bybel sê: “Mans en vrouens moet mekaar se seksuele behoeftes bevredig.”—1 Korintiërs 7:3, God’s Word Bible.

Beperkings op seksuele genot

 Volgens God mag seks slegs deur huweliksmaats geniet word, soos blyk uit Hebreërs 13:4: “Laat die huwelik onder almal eerbaar wees en die huweliksbed sonder verontreiniging, want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.” Egpare moet getrou wees en toegewyd aan mekaar bly. Hulle put groot genot, nie uit die najaging van selfsugtige bevrediging nie, maar eerder uit die toepassing van hierdie Bybelbeginsel: “Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang.”—Handelinge 20:35.