Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hoe om ná ’n ramp te help

Hoe om ná ’n ramp te help

Natuurrampe word vandag al hoe meer algemeen. Wanneer ’n natuurramp plaasvind, moet noodlenigingswerk goed georganiseer en gekoördineer word. Daarom het die Bestuursliggaam gereël dat ’n Noodlenigingsafdeling by elke takkantoor opgestel word.

Wanneer die broers in daardie afdeling van ’n natuurramp uitvind, kontak hulle onmiddellik die plaaslike ouermanne om uit te vind watter hulp die verkondigers nodig het. As die skade so erg is dat die plaaslike verkondigers dit nie kan hanteer nie, sal die takkantoor gekwalifiseerde broers aanstel om die leiding in die noodlenigingswerk te neem. Daardie broers sal dalk vra vir vrywilligers om hulle te help of vir donasies vir spesifieke items of hulle sal dalk die nodige voorraad plaaslik koop en versprei.

Daar is baie voordele om dinge op hierdie manier te doen. Dit keer dat onnodige werk gedoen word, dat verwarring ontstaan en dat fondse en ander dinge gemors word. Dit kan gebeur as broers dinge uit hulle eie uit doen.

Die broers wat deur die takkantoor aangestel is, kan vasstel hoeveel geld en hoeveel vrywilligers vir die noodlenigingswerk nodig sal wees. Hulle kan ook plaaslike amptenare leer ken, wat ons baie keer kan help om die noodlenigingswerk vinniger gedoen te kry. So broers en susters moenie uit hulle eie uit fondse insamel, noodlenigingsvoorraad stuur of na ’n rampgebied gaan tensy hulle gevra word om dit te doen nie.

Maar wanneer ’n ramp plaasvind, wil ons help (Heb 13:16). Ons is lief vir ons broers! Wat kan ons doen? Die belangrikste is dat ons bid vir dié wat deur die ramp geraak is en vir dié wat hulp voorsien. Ons kan ook donasies gee vir die wêreldwye werk. Onder die leiding van die Bestuursliggaam is die takkantore in die beste posisie om vas te stel waar hierdie fondse die beste gebruik kan word. En as ons graag persoonlik betrokke wil raak, kan ons onsself beskikbaar maak deur die DC-50-aansoekvorm in te vul vir projekte van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie.

KYK DIE VIDEO VERWOESTENDE OORSTROMINGS IN BRASILIË, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAAG:

Wat beïndruk jou omtrent die noodlenigingswerk van Jehovah se Getuies ná die vloed in Brasilië in 2020?