Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 IS DIT ONTWERP?

Die lampie van die Photuris-vuurvliegie

Die lampie van die Photuris-vuurvliegie

DIE lampie, of ligorgaan, van ’n vuurvliegie van die geslag Photuris is bedek met gepunte skubbe wat die insek in staat stel om ’n baie helderder lig voort te bring. *

Gepunte skubbe

Dink hieraan: Navorsers het uitgevind dat die oppervlak van die lampie van party vuurvliegies bedek is met klein skubbe wat ’n geriffelde patroon vorm, amper soos dakteëls wat oor mekaar geplaas is. Die punt van elke skub is net drie mikrometer gelig—minder as ’n twintigste van die dikte van ’n mensehaar. En tog laat dit die lampie byna 50 persent helderder skyn as wat die geval sou gewees het as die skubbe plat gelê het!

Kan hierdie ontwerp gebruik word om ligemissiediodes (LED’s), wat in elektroniese toestelle gebruik word, doeltreffender te maak? Om uit te vind, het wetenskaplikes LED’s bedek met ’n geriffelde oppervlak wat soortgelyk is aan dié van die vuurvliegie se lampie. Wat was die gevolg? Die LED’s het tot 55 persent meer lig uitgestraal! Die fisikus Annick Bay sê: “Die belangrikste aspek van hierdie werk is dat dit toon hoeveel ons kan leer wanneer ons die natuur noukeurig bestudeer.”

Wat dink jy? Het die lampie van hierdie Photuris-vuurvliegie deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?

^ par. 3 Wetenskaplikes het nog nie al die spesies van hierdie vuurvliegie bestudeer nie.