Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Maak die Bybel se standaarde van reg en verkeerd nog enigsins saak?

Maak die Bybel se standaarde van reg en verkeerd nog enigsins saak?

 Baie mense, selfs party wat sê dat hulle Christene is, voel dat die Bybel se sedelike standaarde oor seks en die huwelik outyds is. Om aan te pas by die tye waarin ons lewe, het party kerke hulle leringe verander waar dit kom by regte of verkeerde gedrag. Maak die Bybel se standaarde van reg en verkeerd nog enigsins saak? Ja. Hierdie artikel verduidelik hoekom ons so kan sê.

Mense het God se standaarde van reg en verkeerd nodig

 Mense is gemaak om op hulle Skepper te vertrou vir leiding. Die Bybel sê: “Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie” (Jeremia 10:23). Al het Jehovah a God ons met die kapasiteit geskep om besluite te maak, het hy ons nie die gesag of die vermoë gegee om self te besluit wat reg en verkeerd is nie. Hy wil hê dat ons op hom moet vertrou om dit vir ons te doen. – Spreuke 3:5.

 Die Bybel bevat God se riglyne oor sedelikheid. Kom ons kyk na twee redes hoekom hierdie standaarde so belangrik is.

  •   God het ons geskep (Psalm 100:3). As ons Skepper, weet Jehovah God presies wat ons nodig het om fisies, verstandelik en emosioneel gesond en gelukkig te wees. Hy weet ook wat die gevolge daarvan sal wees as ons sy sedelike standaarde ignoreer (Galasiërs 6:7). Boonop wil Jehovah net die beste vir ons hê. Dit is hoekom die Bybel God beskryf as “die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel, die Een wat jou lei op die weg wat jy moet volg”. – Jesaja 48:17.

  •   Ons begeertes kan ons op die verkeerde pad lei. Baie mense voel dat hulle hart – hulle begeertes – vir hulle sal wys wat reg en verkeerd is. Maar die Bybel sê: “Die hart is bedriegliker as enigiets anders en is desperaat” (Jeremia 17:9). As ons hart nie deur God se wysheid gelei word nie, sal dit veroorsaak dat ons dinge doen waaroor ons later sal spyt wees. – Spreuke 28:26; Prediker 10:2.

Moet godsdiensleiers ignoreer wat die Bybel sê reg en verkeerd is?

 Nee! Die Bybel bevat die waarheid oor God en hoe hy wil hê ons moet lewe (1 Korintiërs 6:9-11; Galasiërs 5:19-23). Hy wil graag hê dat mense moet uitvind wat hierdie waarheid is (1 Timoteus 2:3, 4). Daarom moet Christenbedienaars mense leer wat God se Woord sê. – Titus 1:7-9.

 Baie mense wat nie na die Bybel se sedelike standaarde wil luister nie, soek na godsdiensonderrigters “wat dinge [sal] sê wat hulle graag wil hoor” (2 Timoteus 4:3). Maar God se Woord bevat hierdie ernstige waarskuwing: “Dit sal sleg gaan met dié wat sê dat goed sleg is en sleg goed” (Jesaja 5:20). Dit is duidelik dat God godsdiensleiers sal straf wat nie vir mense leer wat God regtig sê oor wat reg en verkeerd is nie.

Moedig die Bybel se sedelike standaarde mense aan om onverdraagsaam te wees?

 Nee. Dié wat God se hart wil bly maak, volg die voorbeeld en leringe van Jesus Christus. Hy het sy volgelinge geleer om ander nie te oordeel nie, maar eerder om liefde vir almal te wys en hulle te respekteer. – Matteus 5:43, 44; 7:1.

 Jesus se volgelinge moes in hulle eie lewe by God se sedelike standaarde bly. Maar hulle moes ook aanvaar dat ander mense dalk sou kies om volgens ander standaarde te lewe (Matteus 10:14). Jesus het sy volgelinge nie die reg gegee om die politiek of enige iets anders te gebruik om God se beskouing op mense af te dwing nie. – Johannes 17:14, 16; 18:36.

Wat is ’n paar voordele daarvan om volgens die Bybel se sedelike standaarde te lewe?

 Dié wat probeer om volgens God se standaarde van reg en verkeerd te lewe sal nou en in die toekoms voordele kry (Psalm 19:8, 11). Dit sluit in:

a Volgens die Bybel is God se naam Jehovah. – Psalm 83:18.