Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Surasak Suwanmake/Moment via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Die somer van 2023 se wêreldwye hittegolf – Wat sê die Bybel?

Die somer van 2023 se wêreldwye hittegolf – Wat sê die Bybel?

 Mense regoor die wêreld verduur warmer weer as ooit tevore en ondervind ander rampe as gevolg van uiterste weerstoestande. Kyk na die volgende berigte:

  •   “Dit was die warmste Junie wat al opgeteken is vandat mense 174 jaar gelede begin rekord hou het van temperature regoor die wêreld.” – Die Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie, Amerikaanse Departement van Handel, 13 Julie 2023.

  •   “In Italië, Spanje, Frankryk, Duitsland en Pole is daar ’n verskriklike hittegolf met temperature wat verwag word om tot 48°C [118°F] te styg op die eilande van Sisilië en Sardinië. Dit is moontlik die warmste temperature wat al ooit in Europa opgeteken is.” – Europese Ruimteagentskap, 13 Julie 2023.

  •   “Soos die planeet warmer word, verwag ons om intenser, erger en meer gereelde reënval te ondervind, en dit sal ook tot erger oorstromings lei.” – Stefan Uhlenbrook by die Wêreld- Meteorologiese Organisasie, 17 Julie 2023.

 Is jy bekommerd oor die toename van berigte oor sulke uiterste weerstoestande? Kyk wat die Bybel oor hierdie belangrike onderwerp sê.

Laat uiterste weerstoestande Bybelprofesie waar word?

 Ja. Hittegolwe en ander vorme van uiterste weerstoestande regoor die wêreld stem ooreen met die gebeure wat die Bybel vir ons tyd voorspel het. Byvoorbeeld, Jesus het gesê dat ons “skrikwekkende dinge” sal sien (Lukas 21:11). Stygende temperature regoor die wêreld het baie mense bang gemaak dat die aarde vernietig sal word.

Sal die aarde vernietig word?

 Nee. God het die aarde gemaak om ons permanente huis te wees, hy sal nie toelaat dat mense die aarde vernietig nie (Psalm 115:16; Prediker 1:4). Hy het eintlik belowe om “die vernietigers van die aarde te vernietig”. – Openbaring 11:18.

 Die Bybel wys dat God die aarde teen ’n omgewingsramp kan en wil beskerm.

  •     God het die krag om die natuur te beheer. Hy is in staat om die omgewingsprobleme op te los wat veroorsaak dat mense nou as gevolg van uiterste weerstoestande swaarkry.

  •     Met God se seën sal die aarde ’n paradys word.

 Om meer te leer oor die Bybel se belofte van ’n herstelde omgewing, sien die artikel “Wie sal die aarde red?