Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

BalanceFormcreative/iStock via Getty Images Plus

Veg teen eensaamheid deur ander te help – Wat die Bybel sê

Veg teen eensaamheid deur ander te help – Wat die Bybel sê

 Mense regoor die wêreld voel eensaam en asof hulle nie goeie vriende met ander kan wees nie. Party gesondheidsdeskundiges dink dat om ander te help ’n manier is om teen sulke gevoelens te stry.

  •   “Om ander te help wat dit nodig het, kan betekenis aan ons lewe gee en ons help om minder eensaam te voel of om nie emosioneel vervreemd van ander te voel nie.” – Amerikaanse Nasionale Gesondheidsinstitute.

 Die Bybel gee praktiese raad oor wat ons kan doen om ander te help. As ons toepas wat dit sê, kan dit ons help om teen gevoelens van eensaamheid te veg.

Wat jy kan doen

 Wees vrygewig. Soek na geleenthede om tyd saam met ander te spandeer, veral in persoon. Wees bereid om te deel wat jy het. Wanneer jy dit doen, sal hulle heel moontlik dankbaar wees. En dit kan julle help om vriende te word.

  •   Bybelwaarheid: “Hou aan om te gee, en mense sal vir julle gee.” – Lukas 6:38.

 Gebruik jou energie om ander te help. Soek na maniere om mense te help wat deur ’n moeilike tyd gaan. Dit kan dinge insluit soos om met meegevoel na hulle te luister of om aan te bied om praktiese dinge te doen wat hulle lewe makliker sal maak.

  •   Bybelwaarheid: “’n Vriend is daar om te help, in enige situasie.” – Spreuke 17:17, Contemporary English Version.

 Vir meer inligting oor hoe jy goeie verhoudings met ander kan behou, lees die artikel “Gesinslewe en vriendskappe”.