Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

YURI LASHOV/AFP via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Christene en oorlog – Wat sê die Bybel?

Christene en oorlog – Wat sê die Bybel?

 Soos ons gesien het gedurende die oorlog in Oekraïne, moedig Christenleiers mense aan om kant te kies in die oorlog. Let op hoe die geestelikes albei kante van die oorlog ondersteun:

  •   “Groot eer en waardering vir al ons vegters wat hulle land Oekraïne teen die aanvaller verdedig . . . Ons harte, opregte gebede en ondersteuning is altyd met julle.” – Aartsbiskop Epiphanius I van Kijif, soos berig in The Jerusalem Post, 16 Maart 2022.

  •   “Die hoof van die Russies-Ortodokse Kerk het op Sondag ’n diens vir Russiese soldate gehou waar hy hulle aangemoedig het om hulle land te verdedig ‘soos net Russe dit kan doen’ terwyl Moskou hulle militêre kampanje in Oekraïne voortsit.” – Reuters, 3 April 2022.

 Moet Christene aan oorlog deelneem? Wat sê die Bybel?

Wat die Bybel regtig sê

 Die Bybel wys dat diegene wat Jesus Christus regtig volg, nie aan oorlog deelneem nie.

  •   “Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat die swaard gebruik, sal met die swaard doodgemaak word.” – Matteus 26:52.

     Gehoorsaam ’n persoon regtig Jesus se woorde as hulle oorlog goedkeur of daarin veg?

  •   “Ek gee julle ’n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. So sal almal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde vir mekaar het.” – Johannes 13:34, 35.

     Wys ’n persoon die soort liefde wat Jesus gesê het sy dissipels, of volgelinge, sou identifiseer as hulle oorlog ondersteun?

 Vir meer inligting, lees die artikel “Is oorlog versoenbaar met die Christelike godsdiens?

Christene en oorlog vandag

 Is dit realisties om te verwag dat Christene nie vandag aan oorlog sal deelneem nie? Ja. Die Bybel het voorspel dat daar in ons tyd, ’n tydperk wat “die laaste dae” genoem word, mense sou wees van alle nasies wat “nie meer [sal] leer om oorlog te voer nie”. Dit is in ooreenstemming met wat Jesus geleer het. – Jesaja 2:2, 4, voetnoot.

  •   Lees die reeks van artikels met die titel “Hoe beskou God oorlog?” in Die Wagtoring om meer uit te vind.

 Binnekort sal Jehovah, a “die God van vrede”, sy hemelse regering gebruik om mense “van onderdrukking en van geweld” te red. – Filippense 4:9; Psalm 72:14.

a Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.