Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Thomas Jackson/​Stone via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Hoe om hoop in 2024 te vind – Wat sê die Bybel?

Hoe om hoop in 2024 te vind – Wat sê die Bybel?

 Baie mense dink nie dat daar ’n oplossing sal wees vir die probleme wat die wêreld in 2024 sal raak nie. Maar ons kan hoop vir die toekoms vind. Waar?

Die Bybel gee hoop

 Die Bybel belowe dat God die probleme sal oplos wat ons lewe vandag hopeloos laat lyk. Binnekort sal God “elke traan van [ons] oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie”.Openbaring 21:4.

Hoe die Bybel jou nou kan help

 Die Bybel voorsien ’n hoop vir die toekoms wat jou kan help om nie hopeloos te voel nie en om ’n meer positiewe uitkyk te hê (Romeine 15:13). Die Bybel se praktiese raad kan jou ook help om die probleme wat jy dalk nou het, te hanteer, soos armoede, ongeregtigheid en siekte.

 Maak seker dat 2024 ’n goeie jaar vir jou en jou gesin sal wees. Vind uit hoe die Bybel jou kan help. Probeer ons gratis Bybelstudieprogram met ’n onderrigter. Kyk hoe God jou nou vrede kan gee, sowel as “’n toekoms en ’n hoop”. – Jeremia 29:11.