Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 47

Bid elke dag tot Jehovah

Bid elke dag tot Jehovah

(1 Tessalonisense 5:17)

  1. 1. Bid tot Jehovah; hy hoor ons gebed.

    Dis ’n groot voorreg dat hy op ons let.

    Jy kan jou hart uitstort, want, soos jy weet,

    hy is ’n vriend wat jou nooit sal vergeet.

    Bid tot ons God elke dag.

  2. 2. Bid tot Jehovah, dank hom dat ons leef.

    Vra om vergifnis, soos ons ook vergeef.

    Ja, oor ons sondes kan ons met hom praat.

    Hy weet van stof is ons almal gemaak.

    Bid tot ons God elke dag.

  3. 3. Bid tot Jehovah as teëspoed jou tref.

    Hy is ons Vader, dit moet ons besef.

    Vra sy beskerming en hulp van sy gees.

    Hy is betroubaar; ons hoef nie te vrees.

    Bid tot ons God elke dag.