Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 46

Ons dank u, Jehovah

Ons dank u, Jehovah

(1 Tessalonisense 5:​18)

  1. 1. Ons dank u, Jehovah, vir lig wat u gee,

    want dit help ons wandel in al u weë.

    Ons dank u dat ons ook die voorreg mag hê

    om al ons probleme voor u te lê.

  2. 2. Ons dank u, o God, vir u dierbare Seun,

    want sy goeie voorbeeld help iedereen.

    Ons dank u dat u ons van leiding voorsien;

    so help u ons daagliks om u te dien.

  3. 3. Ons dank u, o God, vir die eer om te preek,

    dat ons van u naam en u wil kan spreek.

    Ons dank u vir hoop wat u Koninkryk bied;

    ons sien binnekort hoe u wil geskied.