Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 37

Dien Jehovah heelhartig

Dien Jehovah heelhartig

(Matteus 22:37)

  1. 1. Soewereine Heer, Jehovah,

    ek het u lief en hou u gebod.

    U verdien my toegewydheid;

    ek dien met vreugde; u is my God.

    Ek wil doen wat u hart sal bly maak;

    ek het u herin’rings so lief!

    (REFREIN)

    O Jehovah, u is waardig;

    heelhartig dien ek u, o my God.

  2. 2. Vader, al u werke loof u;

    son, maan en sterre spreek van u mag.

    Ek wil u ook so verheerlik;

    u naam vereer en prys elke dag.

    Ek wil u met my hele hart dien,

    en ek wil lojaal aan u bly.

    (REFREIN)

    O Jehovah, u is waardig;

    heelhartig dien ek u, o my God.