Psalms 40:1-17

  • Dank aan onvergelyklike God

    • God se werke te veel om te noem (5)

    • Offerandes nie belangrikste vir God nie (6)

    • ‘Vreugde om u wil te doen’ (8)

Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie. 40  Ek het vurig gehoop op* Jehovah,en hy het afgebuk om na my te luister en my geroep om hulp gehoor.+   Hy het my uit ’n bruisende put opgetrek,uit die slymerige modder. En hy het my voete op ’n groot rots laat staan. Hy het my op vaste grond laat loop.   Toe het hy ’n nuwe lied in my mond gesit,+’n loflied aan ons God. Baie sal met ontsag toekyken op Jehovah vertrou.   Gelukkig is die man wat op Jehovah vertrouen nie op opstandiges of leuenaars* nie.   Hoeveel dinge het u tog gedoen,o Jehovah my God,u wonderlike werke en u gedagtes teenoor ons.+ Niemand kan met u vergelyk word nie.+ As ek sou probeer om dit te vertel en om daarvan te praat,sou dit te veel wees om op te noem!+   U wou nie ’n offerande of ’n offergawe hê nie,*+maar u het my ore geopen om te kan hoor.+ U het nie brandoffers en sonde-offers gevra nie.+   Toe het ek gesê: “Kyk, ek het gekom. In die boekrol is daar oor my geskryf.+   Dit is vir my ’n vreugde,* o my God, om u wil te doen,+en u wet is diep binne-in my.+   Ek verkondig die goeie nuus van regverdigheid in die groot gemeente.+ Kyk! Ek bly nie stil nie,+soos u goed weet, o Jehovah. 10  Ek bedek nie u regverdigheid in my hart nie. Ek maak u getrouheid en redding bekend. In die groot gemeente steek ek nie u lojale liefde en u waarheid weg nie.”+ 11  O Jehovah, moenie u genade van my terughou nie. Mag u lojale liefde en u waarheid my heeltyd bewaar.+ 12  Die rampe wat my omring, is te veel om te tel.+ Ek word oorweldig deur soveel van my sondes dat ek nie kan sien waar ek gaan nie.+ Dit is meer as die hare op my kop,en ek het moed verloor. 13  O Jehovah, wees asseblief bereid om my te red.+ O Jehovah, kom tog gou en help my.+ 14  Mag almal wat my wil doodmaak,skaam kry en verneder word. Mag dié wat bly is oor my rampspoed,in skande terugtrek. 15  Mag dié wat vir my sê: “Aha! Aha!”ontsteld wees as gevolg van hulle eie skande. 16  Maar laat dié wat u dien,*+van vreugde uitroep en bly wees as gevolg van u.+ Mag almal wat lief is vir u reddingsdade, altyd sê: “Mag Jehovah verheerlik word.”+ 17  Maar ek is hulpeloos en arm. Mag Jehovah aan my aandag skenk. U is my helper en my redder.+ My God, moenie te lank wag voordat u kom nie.+

Voetnote

Of “geduldig gewag vir”.
Of “dié wat vals is”.
Of “het nie vreugde gevind in . . . nie”.
Of “Dit is my begeerte”.
Lett. “soek”.