Volgens Matteus 14:1-36

  • Johannes die Doper se kop afgekap (1-12)

  • Jesus voed 5 000 (13-21)

  • Jesus loop op water (22-33)

  • Genesings in Gennesaret (34-36)

14  Toe het Herodes, die distriksheerser,* die nuus oor Jesus gehoor+  en vir sy knegte gesê: “Dit is Johannes die Doper. Hy is uit die dood opgewek, en daarom kan hy hierdie kragtige werke doen.”+  Herodes* het Johannes vroeër gearresteer en hom geboei en hom in die tronk gesit weens Heroʹdias, die vrou van sy broer Filippus.+  Want Johannes het vir hom gesê: “U mag haar nie as vrou hê nie.”+  Maar al wou hy hom doodmaak, was hy bang vir die skare, omdat hulle geglo het dat hy ’n profeet is.+  Maar toe Herodes se verjaarsdag+ gevier is, het die dogter van Heroʹdias by die geleentheid gedans, en Herodes het dit so geniet+  dat hy met ’n eed belowe het om vir haar enigiets te gee waarvoor sy vra.  Toe het sy, nadat haar ma haar opgesteek het, gesê: “Gee vir my die kop van Johannes die Doper op ’n skinkbord.”+  Al het dit die koning ontstel, het hy beveel dat dit gegee moet word as gevolg van die ede wat hy gesweer het en die mense wat saam met hom geëet het.* 10  Hy het toe iemand gestuur en Johannes se kop in die tronk laat afkap. 11  Sy kop is op ’n skinkbord gebring en vir die meisie gegee, en sy het dit na haar ma toe geneem. 12  Later het sy dissipels sy lyk kom haal en hom begrawe, en hulle het vir Jesus kom vertel. 13  Toe Jesus dit hoor, het hy met ’n boot daarvandaan vertrek en na ’n afgeleë plek gegaan om alleen te wees. Maar die skare het daarvan gehoor en hom te voet van die stede af gevolg.+ 14  Toe hy uit die boot klim, het hy ’n groot skare gesien, en hy het baie jammer vir hulle gevoel+ en die siek mense onder hulle genees.+ 15  Maar toe dit aand word, het sy dissipels na hom toe gekom en gesê: “Ons is op ’n afgeleë plek, en dit is al laat. Stuur die skare weg, sodat hulle in die dorpies kan ingaan en vir hulle kos kan koop om te eet.”+ 16  Maar Jesus het vir hulle gesê: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.” 17  Hulle het vir hom gesê: “Ons het niks hier nie, behalwe vyf brode en twee visse.” 18  Hy het gesê: “Bring dit na my toe.” 19  Nadat hy vir die skare gesê het om op die gras te gaan sit, het hy die vyf brode en twee visse geneem, na die hemel opgekyk en gebid.+ Hy het die brode gebreek en dit vir die dissipels gegee, en die dissipels het dit vir die skare gegee. 20  Toe het hulle almal geëet en versadig geword, en nadat hulle die oorskietstukke opgetel het, was daar 12 mandjies vol.+ 21  Daar was omtrent 5 000 mans wat geëet het, sowel as vrouens en jong kinders.+ 22  Toe het hy sy dissipels dadelik in die boot laat klim en hulle voor hom uit na die oorkantste oewer laat gaan, terwyl hy die skare weggestuur het.+ 23  Nadat hy die skare weggestuur het, het hy alleen teen die berg opgegaan om te bid.+ Toe dit aand geword het, was hy alleen daar. 24  Die boot was toe al honderde meters* van die land af en is deur die golwe rondgegooi, want die wind was teen hulle. 25  Maar in die vierde nagwaak* het hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. 26  Toe die dissipels hom op die see sien loop, was hulle geskok en het hulle gesê: “Dit is ’n verskyning!” En hulle het uitgeroep van vrees. 27  Maar Jesus het dadelik vir hulle gesê: “Bedaar! Dit is ek. Moenie bang wees nie.”+ 28  Petrus het hom geantwoord: “Here, as dit u is, beveel my om oor die water na u toe te kom.” 29  Hy het gesê: “Kom!” Toe het Petrus uit die boot geklim en oor die water geloop en na Jesus toe gegaan. 30  Maar toe hy na die windstorm kyk, het hy bang geword. En toe hy begin sink, het hy uitgeroep: “Here, red my!” 31  Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gevra: “Waar is jou geloof? Hoekom het jy begin twyfel?”+ 32  Nadat hulle in die boot geklim het, het die windstorm gaan lê. 33  Toe het dié in die boot aan hom eer bewys* en gesê: “U is werklik God se Seun.” 34  En hulle het na die oorkant gegaan en in Genneʹsaret aan land gegaan.+ 35  Toe die manne van daardie plek hom herken, het hulle die nuus in daardie hele gebied versprei, en die mense het al die siekes na hom toe gebring. 36  En hulle het hom gesmeek om maar net aan die fraiings van sy bo-kleed te kan raak,+ en almal wat daaraan geraak het, het heeltemal gesond geword.

Voetnote

Lett. “die tetrarg”.
D.w.s. Herodes Antipas. Sien Woordelys.
Of “aan tafel was”.
Lett. “baie stadieë”. ’n Stadie was gelyk aan 185 m.
D.w.s. van omtrent 03:00 tot sonsopkoms, wat omtrent 06:00 is.
Of “voor hom neergebuig”.