Lesse wat jy kan leer uit die Bybel

Hierdie boek sal jou op ’n reis neem vanaf die verhaal van die skepping tot die geboorte en bediening van Jesus en verder totdat die Koninkryk kom.

’n Brief van die Bestuursliggaam

Hoe kan hierdie boek gebruik word?

LES 1

God het die hemel en die aarde gemaak

Die Bybel sê dat God die hemel en die aarde gemaak het. Hoekom het hy een engel gemaak voordat hy enigiemand of enigiets anders gemaak het?

LES 2

God het die eerste man en vrou gemaak

God het die eerste man en vrou gemaak en hulle in die tuin van Eden gesit. Hy wou hê dat hulle ’n gesin moet hê en die hele aarde ’n paradys moet maak.

LES 3

Adam en Eva was ongehoorsaam aan God

Waarom was een boom in Eden veral spesiaal? Hoekom het Eva van die vrugte van hierdie boom geëet?

LES 4

Woede lei tot moord

God het Abel se offerande aanvaar, maar nie Kain s’n nie. Toe Kain hiervan uitvind, was hy baie kwaad en het hy iets verskrikliks gedoen.

LES 5

Noag se ark

Toe slegte engele met vroue op die aarde getrou het, het hulle seuns gehad wat reuse boelies was. Die aarde was vol geweld. Maar Noag was anders​​—⁠hy was lief vir God en het hom gehoorsaam.

LES 6

Agt oorleef tot in ’n nuwe wêreld

Gedurende die Vloed het dit 40 dae en 40 nagte gereën. Noag en sy gesin was meer as ’n jaar lank in die ark. Uiteindelik kon hulle uitgaan.

LES 7

Die toring van Babel

Party mense het besluit om ’n stad te bou en ’n toring met ’n punt wat tot by die hemel kom. Hoekom het God hulle skielik verskillende tale laat praat?

LES 8

Abraham en Sara was gehoorsaam aan God

Hoekom het Abraham en Sara hulle lewe in die stad prysgegee om in die land Kanaän rond te trek?

LES 9

Uiteindelik ’n seun!

Hoe sou God sy belofte aan Abraham nakom? Watter een van Abraham se seuns sou betrokke wees​​—⁠Isak of Ismael?

LES 10

Dink aan Lot se vrou

God het vuur en swael op Sodom en Gomorra laat reën. Hoekom is hierdie stede vernietig? Hoekom moet ons aan Lot se vrou dink?

LES 11

’n Toets van geloof

God het vir Abraham gesê: ‘Neem asseblief jou enigste seun en bied hom as ’n offerande op ’n berg in Moria aan.’ Hoe sou Abraham hierdie toets van geloof hanteer?

LES 12

Jakob het die erfenis gekry

Isak en Rebekka het tweelingseuns gehad wat Esau en Jakob genoem is. Omdat Esau eerste gebore is, moes hy ’n spesiale erfenis ontvang. Hoekom het hy dit vir ’n bord kos verruil?

LES 13

Jakob en Esau maak vrede

Hoe het Jakob ’n seën van ’n engel ontvang? En hoe het hy vrede met Esau gemaak?

LES 14

’n Slaaf wat gehoorsaam was aan God

Josef het gedoen wat reg is, maar hy het nog steeds baie gely. Hoekom?

LES 15

Jehovah het Josef nooit vergeet nie

Al was Josef ver van sy familie af, het God bewys dat hy met hom is.

LES 16

Wie was Job?

Hy was gehoorsaam aan Jehovah al was dit moeilik.

LES 17

Moses het gekies om Jehovah te aanbid

Moses is deur sy ma se slim plan gered.

LES 18

Die brandende bos

Waarom het die bos nie uitgebrand nie?

LES 19

Die eerste drie plae

Farao het rampspoed oor sy volk gebring omdat hy te trots was om een eenvoudige ding te doen.

LES 20

Die volgende ses plae

Hoe was hierdie plae anders as die eerste drie?

LES 21

Die tiende plaag

Hierdie plaag was so erg dat selfs die trotse Farao uiteindelik ingegee het.

LES 22

Die wonderwerk by die Rooisee

Farao het die tien plae oorleef, maar het hy hierdie wonderwerk van God oorleef?

LES 23

’n Belofte aan Jehovah

Die Israeliete het ’n spesiale belofte aan God gemaak toe hulle kamp opgeslaan het by die berg Sinai.

LES 24

Hulle het hulle belofte verbreek

Terwyl Moses die Tien Gebooie gekry het, het die volk ’n verskriklike sonde gepleeg.

LES 25

’n Tabernakel vir aanbidding

Die verbondsark was in hierdie spesiale tent.

LES 26

Die twaalf spioene

Josua en Kaleb was anders as die ander tien manne wat gaan kyk het hoe die land Kanaän lyk.

LES 27

Hulle het teen Jehovah in opstand gekom

Korag, Datan, Abiram en 250 ander manne het nie ’n belangrike feit omtrent Jehovah erken nie.

LES 28

Bileam se donkie praat

Die donkie het iemand gesien wat Bileam nie kon sien nie.

LES 29

Jehovah het Josua gekies

God het Josua instruksies gegee wat ons vandag ook kan help.

LES 30

Ragab steek die spioene weg

Die mure van Jerigo het inmekaargestort. Maar Ragab se huis het bly staan, al was dit op die muur gebou.

LES 31

Josua en die Gibeoniete

Josua bid tot God: “Son, staan stil!” Het God sy gebed beantwoord?

LES 32

’n Nuwe leier en twee dapper vroue

Ná Josua se dood het die Israeliete afgode begin aanbid. Die lewe was moeilik, maar die rigter Barak, die profetes Debora en Jael het gehelp!

LES 33

Rut en Naomi

Twee vroue wie se mans albei gesterf het, het na Israel teruggekeer. Een van hulle, Rut, het in die landerye gaan werk, waar Boas haar raakgesien het.

LES 34

Gideon oorwin die Midianiete

Die Midianiete het dit moeilik gemaak vir Israel. Daarom het hulle Jehovah gevra om hulle te help. Hoe het Gideon se klein leërmag 135 000 vyande oorwin?

LES 35

Hanna vra Jehovah vir ’n seun

Elkana neem Hanna, Peninna en die kinders om te aanbid by die tabernakel in Silo. Terwyl Hanna daar was, het sy gebid en Jehovah gevra vir ’n seun. ’n Jaar later word Samuel gebore!

LES 36

Jefta se belofte

Watter belofte het Jefta gemaak, en hoekom? Hoe het Jefta se dogter gereageer op haar pa se belofte?

LES 37

Jehovah praat met Samuel

Die hoëpriester Eli se twee seuns was priesters by die tabernakel, maar hulle was nie gehoorsaam aan God se wette nie. Die jong Samuel was anders, en Jehovah het met hom gepraat.

LES 38

Jehovah het Simson sterk gemaak

God het Simson sterk gemaak sodat hy teen die Filistyne kon veg, maar toe Simson ’n verkeerde keuse maak, het die Filistyne hom gevang.

LES 39

Israel se eerste koning

God het vir die Israeliete rigters gegee om hulle te lei, maar hulle het vir ’n koning gevra. Samuel het Saul as die eerste koning gesalf, maar later het Jehovah Saul verwerp. Hoekom?

LES 40

Dawid en Goliat

Jehovah kies Dawid om die volgende koning van Israel te wees, en Dawid wys waarom hy ’n goeie koning sal wees.

LES 41

Dawid en Saul

Waarom haat een van hierdie mans die ander een, en hoe tree die een op wat gehaat word?

LES 42

Jonatan is dapper en lojaal

Die koning se seun word ’n goeie vriend van Dawid.

LES 43

Koning Dawid se sonde

’n Slegte besluit lei tot groot probleme.

LES 44

’n Tempel vir Jehovah

God keur koning Salomo se versoek goed en gee hom groot voorregte.

LES 45

’n Koninkryk word verdeel

Baie Israeliete hou op om Jehovah te dien.

LES 46

’n Toets op die berg Karmel

Wie is die ware God? Jehovah of Baäl?

LES 47

Jehovah het Elia versterk

Dink jy dat hy jou ook kan versterk?

LES 48

’n Weduwee se seun word weer lewendig

Twee wonderwerke in dieselfde huis!

LES 49

’n Goddelose koningin word gestraf

Isebel maak planne om Nabot dood te maak sodat sy sy wingerd kan steel! Jehovah sien hoe sleg sy is.

LES 50

Jehovah beskerm Josafat

Goeie koning Josafat bid tot God toe Juda deur vyandige nasies bedreig word.

LES 51

Die soldaat en die dogtertjie

’n Jong Israelitiese meisie vertel haar meester se vrou van Jehovah se groot krag​—⁠dan gebeur daar ’n wonderwerk.

LES 52

Jehovah se vurige leërmag

Elisa se dienskneg kon sien dat daar ‘meer by ons is as by hulle’.

LES 53

Jojada is dapper

’n Getroue priester staan op teen ’n goddelose koningin.

LES 54

Jehovah was geduldig met Jona

Wat het veroorsaak dat ’n groot vis een van God se profete insluk? Hoe het hy uit die vis uitgekom? En watter les het Jehovah hom geleer?

LES 55

Jehovah se engel het Hiskia beskerm

Juda se vyande sê dat Jehovah sy volk nie sal beskerm nie, maar hulle is verkeerd!

LES 56

Josia was lief vir God se Wet

Josia word koning toe hy agt jaar oud is, en hy help sy volk om Jehovah te aanbid.

LES 57

Jehovah stuur Jeremia om te preek

Wat hierdie jong profeet gesê het, het die ouer manne van Juda baie kwaad gemaak.

LES 58

Jerusalem word vernietig

Die mense van Juda hou aan om valse gode te aanbid, en daarom verlaat Jehovah hulle.

LES 59

Vier seuns wat aan Jehovah gehoorsaam was

Jong seuns van Juda is vasbeslote om getrou aan Jehovah te bly, selfs in die paleis van Babilon.

LES 60

’n Koninkryk wat vir ewig sal bestaan

Daniël verduidelik die betekenis van Nebukadnesar se vreemde droom.

LES 61

Hulle het geweier om neer te buig

Sadrag, Mesag en Abednego weier om die koning van Babilon se goue beeld te aanbid.

LES 62

’n Koninkryk soos ’n groot boom

Nebukadnesar se droom voorspel sy eie toekoms.

LES 63

Die skrif teen die muur

Wanneer verskyn hierdie vreemde skrif, en wat beteken dit?

LES 64

Daniël in die leeukuil

Bid elke dag tot Jehovah, net soos Daniël gedoen het!

LES 65

Ester red haar volk

Al was sy ’n vreemdeling in die land, het hierdie weeskind die koningin geword.

LES 66

Esra het God se Wet aan ander geleer

Nadat die Israeliete na Esra geluister het, het hulle ’n spesiale belofte aan God gemaak.

LES 67

Die mure van Jerusalem

Nehemia het gehoor dat sy vyande ’n aanval beplan. Hoekom was hy nie bang nie?

LES 68

Elisabet kry ’n baba

Waarom is daar vir Elisabet se man gesê dat hy nie sal kan praat totdat die baba gebore is nie?

LES 69

Gabriël besoek Maria

Hy het vir haar ’n boodskap gegee wat haar lewe verander het.

LES 70

Engele maak Jesus se geboorte bekend

Die herders het vinnig gereageer toe hulle hoor dat Jesus gebore is.

LES 71

Jehovah het Jesus beskerm

’n Goddelose koning wou Jesus dood hê.

LES 72

Die jong Jesus

Hoe het hy die onderrigters in die tempel verbaas?

LES 73

Johannes berei die weg voor

Toe Johannes groot is, word hy ’n profeet. Hy leer mense dat die Messias binnekort gaan kom. Hoe reageer mense op sy boodskap?

LES 74

Jesus word die Messias

Wat het Johannes bedoel toe hy sê dat Jesus die Lam van God is?

LES 75

Die Duiwel toets Jesus

Die Duiwel toets Jesus drie keer. Wat is die drie toetse? Hoe reageer Jesus?

LES 76

Jesus maak die tempel skoon

Hoekom jaag Jesus diere by die tempel uit en gooi hy die tafels om van die mense wat geld ruil?

LES 77

Die vrou by die waterput

’n Samaritaanse vrou is verbaas dat Jesus met haar praat. Waarom? Wat vertel Jesus haar wat hy nog vir niemand anders vertel het nie?

LES 78

Jesus verkondig die boodskap van die Koninkryk

Jesus nooi party van sy dissipels om “vissers van mense” te word. Later lei hy 70 van sy volgelinge op om ’n boodskap van goeie nuus te verkondig.

LES 79

Jesus doen baie wonderwerke

Waar Jesus ook al gaan, kom siek mense na hom toe vir hulp. En hy genees hulle. Hy het selfs ’n dogtertjie weer lewend gemaak.

LES 80

Jesus kies twaalf apostels

Waarvoor kies hy hulle? Kan jy hulle name onthou?

LES 81

Die Bergpredikasie

Jesus leer belangrike lesse aan ’n groep mense wat bymekaargekom het.

LES 82

Jesus leer sy dissipels hoe om te bid

Vir watter soort dinge sê hy moet sy dissipels aanhou vra?

LES 83

Jesus gee duisende mense kos

Wat leer hierdie wonderwerk ons oor Jesus en Jehovah?

LES 84

Jesus loop op water

Kan jy dink hoe die apostels voel toe hulle hierdie wonderwerk sien?

LES 85

Jesus maak iemand op die Sabbat gesond

Hoekom is almal nie bly oor wat hy doen nie?

LES 86

Jesus maak Lasarus weer lewend

Toe Jesus Maria sien huil, het hy ook begin huil. Maar hulle trane verander gou in vreugde.

LES 87

Jesus se laaste ete

Jesus gee belangrike opdragte aan sy apostels gedurende hulle laaste ete saam.

LES 88

Jesus word gevange geneem

Judas Iskariot lei ’n groot groep manne, gewapen met swaarde en stokke, sodat hulle Jesus gevange kan neem.

LES 89

Petrus sê dat hy Jesus nie ken nie

Wat gebeur in die binnehof van Kajafas se huis? En wat gebeur met Jesus binne in die huis?

LES 90

Jesus sterf op Golgota

Hoekom beveel Pilatus dat Jesus doodgemaak moet word?

LES 91

Jesus word lewend gemaak

Watter verbasende dinge gebeur in die dae ná Jesus se dood?

LES 92

Jesus verskyn aan die vissermanne

Wat doen hy om hulle aandag te kry?

LES 93

Jesus gaan terug hemel toe

Voordat hy dit doen, gee hy vir sy dissipels ’n paar belangrike opdragte.

LES 94

Die dissipels ontvang heilige gees

Watter wonderdadige krag ontvang hulle van die heilige gees?

LES 95

Niks kon hulle keer nie

Die godsdiensleiers wat Jesus laat doodmaak het, probeer nou keer dat die dissipels preek. Maar hulle kry dit nie reg nie.

LES 96

Jesus kies Saulus

Saulus is ’n gewelddadige vyand van die Christene, maar dinge gaan nou verander.

LES 97

Kornelius ontvang heilige gees

Hoekom stuur God Petrus na die huis van hierdie man, wat nie ’n Jood is nie?

LES 98

Die Christelike godsdiens word aan baie nasies verkondig

Die apostel Paulus en ander sendelinge begin die predikingswerk in lande wat ver weg is.

LES 99

’n Tronkbewaarder leer die waarheid

Hoe het ’n demoon, ’n aardbewing en ’n swaard iets met hierdie verhaal te doen?

LES 100

Paulus en Timoteus

Die mans werk jare lank saam as vriende en medediensknegte.

LES 101

Paulus word na Rome gestuur

Die reis is vol gevare, maar niks kan hierdie apostel keer nie.

LES 102

Die openbaring aan Johannes

Jesus gee hom visioene oor die toekoms.

LES 103

‘Laat u Koninkryk kom’

Die Openbaring aan Johannes wys hoe God se Koninkryk lewe op aarde sal verander.