Spring na inhoud

20 AUGUSTUS 2019
SUID-AFRIKA

Jehovah se Getuies stel die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Kwanyama vry

Jehovah se Getuies stel die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Kwanyama vry

Op 16 Augustus 2019 het Jehovah se Getuies die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Kwanyama by ’n streekbyeenkoms in Ondangwa, Namibië, vrygestel. Broer Franco Dagostini, ’n lid van die Suid-Afrikaanse Takkomitee, het die Bybel vrygestel op die eerste dag van die streekbyeenkoms by die Ondangwa Trade Fair-saal.

Een lid van die vertaalspan sê: “Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte sal mense help om die Bybel se boodskap beter te lees en te verstaan. Ons broers en susters sal bly wees om Jehovah se naam te sien waar dit moet wees.

Daar is omtrent 490 Kwanyama-sprekende verkondigers in die Suid-Afrikaanse takkantoor se gebied. Hulle preek vir omtrent 1,4 miljoen mense wat Kwanyama in Angola en Namibië praat.

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif is nou al in sy geheel of gedeeltelik in 184 tale vertaal. Dit sluit 25 volledige hersiene uitgawes in wat op die 2013-uitgawe gebaseer is. Ons is bly om te weet dat ons broers en susters hierdie Bybel sal gebruik om God se Woord met baie ander mense in die Kwanyama-veld te deel. – Handelinge 2:37.