Spring na inhoud

23 MEI 2018
RUSLAND

Rusland se mishandeling van Jehovah se Getuies word internasionaal veroordeel

Rusland se mishandeling van Jehovah se Getuies word internasionaal veroordeel

Die Europese Unie en die Verenigde State het in aparte verklarings gesê dat hulle bekommerd is oor hoe die Russiese regering Jehovah se Getuies mishandel. Rusland beweer dat sy verbod op die regsentiteite van Jehovah se Getuies nie die vryheid sal wegneem van individuele Getuies om hulle geloof te beoefen nie. Maar hierdie twee verklarings maak dit duidelik dat Rusland se bewering vals is. Soos die Europese Unie gesê het, “stem hierdie bewering nie ooreen met sy [die Russiese regering se] optrede nie”. Nadat die Verenigde State Rusland se bewering vergelyk het met hoe Rusland die Getuies behandel, het hulle tot die slotsom gekom dat “die teenoorgestelde waar is”.

Die Russiese owerheid het agt Getuie-mans in die tronk gesit en is op die oomblik besig met 12 kriminele ondersoeke in 11 stede. Hoewel dit ons bekommer dat al hoe meer eiendomme afgevat word, is dit selfs nog meer kommerwekkend dat individuele Christene swaarkry omdat hulle vervolg word vir hulle geloof.

Die Europese Unie sowel as die Verenigde State het die Russiese regering gevra om sy verpligting na te kom om vryheid van gedagte, gewete en godsdiens of oortuiging te respekteer.

Skakels na die verklarings:

https://www.osce.org/permanent-council/381820

https://www.osce.org/permanent-council/381823