Spring na inhoud

Broer Pawel Brilkof

15 NOVEMBER 2023 | BYGEWERK: 13 MAART 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – VONNIS VERANDER | “Ek is vasbeslote om op Jehovah te vertrou”

JONGSTE NUUS – VONNIS VERANDER | “Ek is vasbeslote om op Jehovah te vertrou”

Op 12 Maart 2024 het die Kemerowo-streekhof broer Pawel Brilkof se vonnis ná ’n appèlsaak verander. Sy oorspronklike vonnis van dwangarbeid is vervang met ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Op 15 Januarie 2024 het die Sentrale distrikshof van Prokopjefsk broer Pawel Brilkof skuldig bevind en hom tot twee jaar en tien maande dwangarbeid gevonnis. a Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Al is ons hartseer omdat ons liewe broers en susters vervolg word, is ons vasbeslote om “geduldig [te] wag op die God van [ons] redding” terwyl ons met vertroue uitsien na toekomstige seëninge. – Miga 7:7.

Tydlyn

  1. 10 November 2021

    Huis word deursoek. Pawel en Wera word al twee ondervra

  2. 30 Mei 2022

    Kriminele saak word gemaak

  3. 16 Maart 2023

    Word onder reisbeperkings geplaas

  4. 25 Mei 2023

    Kriminele verhoor begin

a ’n Persoon wat tot dwangarbeid gevonnis word, kry ’n werkstoewysing van die owerhede. Daar word ook tussen 5 tot 20 persent van sy loon afgetrek. As die owerhede besluit dat die persoon nie saamwerk nie of weier om te werk, kan hy tronk toe gestuur word.