Spring na inhoud

Links: Suster Tatjana Galkewitsj; Regs: Suster Walentina Wladimirowa

24 JANUARIE 2022 | BYGEWERK: 16 FEBRUARIE 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – SUSTERS SKULDIG BEVIND | Twee susters met gesondheidsprobleme verduur ses maande in aanhouding met Jehovah se hulp

JONGSTE NUUS – SUSTERS SKULDIG BEVIND | Twee susters met gesondheidsprobleme verduur ses maande in aanhouding met Jehovah se hulp

Op 14 Februarie 2024 het die Promisjlenni-distrikshof van Smolensk suster Tatjana Galkewitsj en Walentina Wladimirowa skuldig bevind. Hulle het albei ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Tydlyn

  1. 14 Mei 2019

    Die owerhede het ’n kriminele ondersoek teen Tatjana en Walentina begin. Die polisie het die woonstelle van albei susters deursoek en hulle meer as 48 uur aangehou en ondervra. Alhoewel albei chroniese gesondheidsprobleme het, is hulle na ’n detensiesentrum voor hulle verhoor gestuur

  2. 22 November 2019

    Ná meer as ses maande is Tatjana en Walentina uit die detensiesentrum voor hulle verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas

  3. 31 Desember 2019

    Walentina is hospitaal toe geneem nadat sy baie siek geword het

  4. 6 Augustus 2020

    Ná amper agt maande is Tatjana uit huisarres vrygelaat en beveel om nie haar tuisdorp te verlaat nie. Walentina is nog steeds onder huisarres, en sy word net toegelaat om met een nabye familielid en ’n prokureur te kommunikeer

  5. 2 Oktober 2020

    Die owerhede het Tatjana en Walentina in ’n dokument van 400 bladsye aangekla. Dit het die susters aangekla van sameswering om “die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie weg te steek”

  6. 14 Oktober 2020

    Gedurende ’n voorlopige verhoor het die regter beveel dat die saak na die aanklaer se kantoor teruggestuur moet word vir verdere ondersoek omdat die bewyse nie in ’n hof gebruik kon word nie. Hoewel Walentina nie gedurende die verhoor kon staan as gevolg van haar gesondheid nie, het die hof geweier om haar uit huisarres vry te laat

  7. 25 Februarie 2021

    ’n Appèlhof het die uitspraak verander dat die saak na die aanklaer se kantoor teruggestuur moes word, wat veroorsaak het dat die verhoor voortgaan

Profiel

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ‘’n sterkte en ’n skild” vir Walentina, Tatjana en al ons broers en susters te wees wat in Rusland en die Krim vervolg word. – Psalm 28:7.