Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Rinat Kiramof en sy vrou, Galina; broer Sergei Korolef en sy vrou, Jekaterina; en broer Sergei Kosjanenko en sy vrou, Olga

29 MAART 2023 | BYGEWERK: 18 APRIL 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROERS IN DIE TRONK | Ervaar Jehovah se ondersteuning in aanhouding

JONGSTE NUUS – BROERS IN DIE TRONK | Ervaar Jehovah se ondersteuning in aanhouding

Op 17 April 2023 het die Achtoebinski-distrikshof van die Astrakan-streek broer Rinat Kiramof, Sergei Korolef en Sergei Kosjanenko skuldig bevind. Hulle is elkeen tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Al drie broers was sedert November 2021 in aanhouding voor hulle verhoor, en hulle is nog steeds in die tronk.

Profiel

Dit vertroos ons om te weet dat Jehovah sal aanhou om ’n skuilplek vir sy getroue knegte te wees en dat sy ‘ewige arms onder ons is’. – Deuteronomium 33:27.

Tydlyn

  1. 9 November 2021

    Kriminele saak word gemaak. Owerhede deursoek 15 huise van Jehovah se Getuies in Achtoebinsk en Znamensk, insluitende die huise van broer Kiramof, Korolef en Kosjanenko

  2. 10 November 2021

    Sergei Korolef word gearresteer

  3. 11 November 2021

    Rinat Kiramof en Sergei Kosjanenko word gearresteer. Al drie broers word in aanhouding voor hulle verhoor geplaas

  4. 14 November 2022

    Kriminele verhoor begin

a b Dit was nie moontlik om persoonlike kommentare te kry by broer Kiramof en Kosjanenko nie.