Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Aleksandr Wasitjkin, Sergei Galjamin, Anatoli Ljamo en Wladimir Spiwak

30 MEI 2023 | BYGEWERK: 6 MAART 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BOETES GEGEE | Broers in Teikowo fokus op Jehovah se ondersteuning

JONGSTE NUUS – BOETES GEGEE | Broers in Teikowo fokus op Jehovah se ondersteuning

Op 29 Februarie 2024 het die Teikofski-distrikshof van die Iwanowo-streek broer Sergei Galjamin, Anatoli Ljamo, Wladimir Spiwak en Aleksandr Wasitjkin skuldig bevind. Die broers het elkeen ’n boete gekry. Wladimir is ’n boete van 600 000 roebel (meer as R120 000) gegee, Sergei is ’n boete van 650 000 roebel (meer as R130 000) gegee en Aleksandr en Anatoli is elkeen ’n boete van 1 100 000 roebel (meer as R220 000) gegee.

Profiel

Ons weet dat enige uitdagings wat ons nou in hierdie stelsel verduur, net tydelik is wanneer dit vergelyk word met die ewige seëninge wat Jehovah in gedagte het vir sy getroue knegte. – 2 Korintiërs 4:17, 18.

Tydlyn

  1. 10 April 2020

    Kriminele saak word gemaak

  2. 11 April 2020

    Huise word deursoek

  3. 16 April 2020

    Word onder reisbeperkings geplaas

  4. 2 Februarie 2023

    Kriminele verhoor begin