2 SEPTEMBER 2020
RUSLAND
Broer Sergei Britwin en Wadim Leftsjoek tot vier jaar tronkstraf in Rusland gevonnis
Op 2 September 2020 het die Berezofski-stadshof in die Kemerowo-streek broer Sergei Britwin en Wadim Leftsjoek tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Die aanklaer het gevra vir ses en ’n half jaar tronkstraf. Die broers sal appelleer.