Spring na inhoud

’n Koninkryksaal wat oorstroom is (links) en ’n broer se huis (regs)

10 JUNIE 2019
PARAGUAY

Oorstromings in Paraguay

Oorstromings in Paraguay

Aan die einde van April 2019 het swaar reën in Paraguay verwoestende oorstromings langs die Paraguayrivier veroorsaak. Ten minste ses mense het as gevolg van die oorstromings gesterf.

Die takkantoor in Paraguay het laat weet dat 137 broers in ’n paar stede deur hierdie ramp geraak is. In die hoofstad Asunción het vloedwater deur die mure van ’n Koninkryksaal gebreek, waar die Skool vir Koninkrykspredikers gehou word. Gelukkig het niemand seergekry nie.

Die takkantoor het alreeds voorsienings soos kos, water en ander basiese dinge vir die broers en susters gestuur wat deur die ramp geraak is. Omdat die oorstromings aanhou, hou die takkantoor ’n oog op die situasie. Die takkantoor sal aanhou om die nodige fisiese en geestelike ondersteuning te gee.

Ons bid vir ons broers en susters in Paraguay wat deur hierdie oorstromings geraak is. Ons weet dat Jehovah hulle “rotsagtige vesting” deur hierdie moeilike tyd sal wees. – Psalm 31:2.