Spring na inhoud

14 JANUARIE 2015
KROASIË

Getuies se uitstalling word verwelkom by welbekende internasionale boekeskou in Kroasië

Getuies se uitstalling word verwelkom by welbekende internasionale boekeskou in Kroasië

ZAGREB, Kroasië—Jehovah se Getuies het op 11-16 November 2014 vir die eerste keer aan die welbekende Interliber- Internasionale Skou van Boeke en Onderrigmiddele deelgeneem. Honderde tentoonstellers uit die uitgewersbedryf en die gebied van opvoedkunde neem deel aan hierdie jaarlikse geleentheid, wat as een van die vernaamste handelskoue in Kroasië beskou word. Vanjaar se skou het ’n bywoningshoogtepunt van sowat 130 000 mense gehad.

Die president van die Republiek van Kroasië, dr. Ivo Josipović, besoek die Getuies se uitstalling en kies lektuur.

Een van die besoekers by die Getuies se uitstalling was dr. Ivo Josipović, die president van die Republiek van Kroasië. President Josipović het die Getuievrywilligers gegroet en van hulle publikasies oor die wetenskap en die Bybel geneem, naamlik Vyf belangrike vrae oor die oorsprong van lewe, Is lewe geskep? en Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?

Die “kinderhoekie” het geanimeerde video’s van jw.org ingesluit, asook publikasies wat vir jongmense en ouers saamgestel is.

’n Gewilde aspek van die Getuies se uitstalling was die “kinderhoekie”, waar besoekers kon kyk na geanimeerde video’s wat saamgestel is om kinders lesse uit die Bybel te leer en wat gevind kan word op die amptelike webwerf van Jehovah se Getuies, jw.org. Besoekers het dikwels die stel boeke Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk gekies, wat praktiese leiding vir jongmense en ouers bevat.

Josip Liović, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Kroasië, het gesê: “Ons is verheug oor die hartlike ontvangs hier by Interliber. Ons uitstalling was selfs suksesvoller as wat ons verwag het, aangesien besoekers meer as 7 500 lektuuritems huis toe geneem het. Ons sien daarna uit om volgende jaar weer ons publikasies aan besoekers beskikbaar te stel.”

Mediakontak(te):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Kroasië: Josip Liović, tel. +385 91 5336 511

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000