Spring na inhoud

Waarom sterf mense?

Waarom sterf mense?

Die Bybel se antwoord

 Dit is natuurlik om te wonder waarom mense sterf, veral wanneer ons ’n geliefde aan die dood afstaan. Die Bybel sê: “Die angel wat die dood veroorsaak, is die sonde.”—1 Korintiërs 15:56.

Waarom sondig alle mense en sterf hulle?

 Die eerste mense, Adam en Eva, het hulle lewe verloor omdat hulle teen God gesondig het (Genesis 3:17-19). Die dood was die enigste moontlike uitkoms van hulle opstand teen God, want hy is “die bron van die lewe”.—Psalm 36:9; Genesis 2:17.

  Adam het die gebrek sonde aan al sy nakomelinge oorgedra. Die Bybel sê dat “deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en die dood deur die sonde en die dood só tot alle mense deurgedring het omdat hulle almal gesondig het” (Romeine 5:12). Alle mense sterf omdat hulle almal sondig.—Romeine 3:23.

Hoe die dood uit die weg geruim sal word

 God belowe ’n tyd wanneer ‘hy die dood vir ewig sal verswelg’ (Jesaja 25:8). Om ’n einde aan die dood te maak, moet hy die grondoorsaak daarvan, naamlik sonde, uit die weg ruim. God sal dit deur Jesus Christus doen, wat “die sonde van die wêreld wegneem”.—Johannes 1:29; 1 Johannes 1:7.