Spring na inhoud

Wêreldvrede—Waarom is dit so moeilik om te verkry?

Wêreldvrede—Waarom is dit so moeilik om te verkry?

Die Bybel se antwoord

 Mensepogings om wêreldvrede tot stand te bring, het gefaal en sal bly faal. Daar is etlike redes waarom dit die geval is.

  •   “Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie” (Jeremia 10:23). Mense is nie geskep met die vermoë of die reg om oor hulleself te regeer nie, en daarom sal hulle nie blywende vrede kan teweegbring nie.

  •   “Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ’n mens nie; hy kan jou nie red nie. Sy asem verlaat hom, hy word weer grond en sy planne is daarmee heen” (Psalm 146:3, 4, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Regeringsleiers, selfs dié met die allerbeste beweegredes, kan nie met blywende oplossings vir die grondoorsake van oorlog vorendag kom nie.

  •   “Daar [sal] in die laaste dae kritieke tye . . . wees wat moeilik is om deur te kom. Want mense sal . . . wreedaardig, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, eiesinnig, opgeblase van trots [wees]” (2 Timoteus 3:1-4). Ons lewe in “die laaste dae” van die teenswoordige goddelose wêreld, ’n tyd wanneer heersende gesindhede dit moeilik maak om vrede te bewerkstellig.

  •   “Wee die aarde en die see, want die Duiwel het na julle toe neergedaal en het groot toorn, omdat hy weet dat hy ’n kort tydjie het” (Openbaring 12:12). Die Duiwel, God se vyand, is beperk tot die omgewing van die aarde en beweeg mense om sy wreedaardige gees aan te neem. Solank hy “die heerser van hierdie wêreld” is, kan ons nooit in vrede lewe nie.—Johannes 12:31.

  •   “[God se Koninkryk] sal al hierdie koninkryke [wat God teëstaan] verbrysel en daar ’n einde aan maak, en self sal dit tot onbepaalde tye bly staan” (Daniël 2:44). God se Koninkryk, nie enige menseregering nie, sal ons begeerte na blywende wêreldvrede bevredig.—Psalm 145:16.