Spring na inhoud

Is God verantwoordelik vir ons lyding?

Is God verantwoordelik vir ons lyding?

Die Bybel se antwoord

 Die Bybel se antwoord is ’n besliste nee! Lyding was nie deel van Jehovah God se voorneme vir die mensdom nie. Maar die eerste mensepaar het teen God se heerskappy in opstand gekom en verkies om hulle eie standaarde te stel van wat goed en sleg is. Hulle het hulle rug op God gedraai en moes die gevolge dra.

 Vandag ondervind ons die gevolge van hulle slegte keuse. Maar God was in geen opsig die oorsaak van menselyding nie.

 Die Bybel sê: “Laat niemand, wanneer hy beproef word, sê: ‘Ek word deur God beproef’ nie. Want met bose dinge kan God nie beproef word nie, en ook beproef hy self niemand nie” (Jakobus 1:13). Lyding kan enigiemand tref—selfs diegene wat God se guns geniet.