Spring na inhoud

Kan die Bybel my help as ek aan ’n chroniese siekte ly?

Kan die Bybel my help as ek aan ’n chroniese siekte ly?

Die Bybel se antwoord

 Ja. God gee om vir sy knegte wat siek is. Die Bybel sê aangaande ’n getroue kneg: “Jehovah sal hom op ’n siekbed onderskraag” (Psalm 41:3). As jy aan ’n chroniese siekte ly, kan die volgende drie stappe jou help om dit te verduur:

  1.   Bid vir krag om te volhard. Jy kan “die vrede van God wat alle denke te bowe gaan,” ontvang, wat jou kwellinge kan verlig en jou kan onderskraag.—Filippense 4:6, 7.

  2.   Wees positief. Die Bybel sê: “’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, maar ’n neerslagtige mens raak uitgeput” (Spreuke 17:22, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Kweek ’n sin vir humor aan, aangesien dit nie net donker tye kan verlig nie, maar ook jou gesondheid kan verbeter.

  3.   Versterk jou hoop vir die toekoms. Sterk hoop kan jou help om vreugdevol te wees ten spyte van chroniese kwale (Romeine 12:12). Die Bybel voorspel ’n tyd wanneer “geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie” (Jesaja 33:24). God sal dan chroniese siektes wat die moderne wetenskap nie in staat is om te genees nie, uit die weg ruim. Die Bybel voorspel byvoorbeeld die omkeer van die verouderingsproses soos volg: “Laat sy vlees frisser word as in die jeug; laat hy terugkeer na die dae van sy jeugdige krag.”—Job 33:25.

 Let wel: Jehovah se Getuies erken die hulp wat God voorsien, maar hulle probeer ook mediese behandeling kry vir chroniese siektes (Markus 2:17). Ons beveel egter geen spesifieke mediese benadering aan nie; elkeen moet sy eie besluit in verband met gesondheid neem.