Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Is hierdie lewe al wat daar is?

Lyk dit nie soms vir jou of die lewe heeltemal te kort is nie?

Het jy al ooit gewonder of die lewe meer behels as om net te speel, te werk, te trou, ’n gesin te hê en dan oud te word? (Job 14:1, 2). Die Bybel toon dat selfs baie wyse persone al hieroor gewonder het.—Lees Prediker 2:11.

Het die lewe ’n doel? Ons moet eerstens vra: “Hoe het lewe begin?” Baie mense het al na die merkwaardige ontwerp van ons brein en die res van ons liggaam gekyk en tot die slotsom gekom dat ’n wyse Skepper daarvoor verantwoordelik is. (Lees Psalm 139:14.) Indien dit so is, het hy ons tog sekerlik vir ’n doel gemaak! As ons uitvind wat daardie doel is, kan dit ons lewe baie betekenisvoller maak.

Waarom is mense geskep?

God het die eerste mensepaar geseën en vir hulle ’n opwindende toewysing gegee. Sy voorneme was dat hulle die aarde moes vul, dit ’n paradys moes maak en vir ewig moes lewe.—Lees Genesis 1:28, 31.

God se voorneme is nie onmiddellik verwesenlik nie omdat mense teen sy heerskappy in opstand gekom het. Maar God het ons nie verwerp of sy voorneme met ons en met die aarde verander nie. Die Bybel verseker ons dat God nooit opgehou werk het om getroue mense te red nie en dat sy voorneme met die aarde beslis verwesenlik sal word! God wil dus hê dat jy die lewe moet ondervind wat hy vir ons in gedagte gehad het! (Lees Psalm 37:29.) Jy kan met behulp van die Bybel leer hoe jy by God se voorneme kan inpas.