Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat is God se Koninkryk?

Wat is God se Koninkryk?

Baie mense bid dat God se Koninkryk moet kom, maar het jy al ooit gewonder wat God se Koninkryk is en wat dit sal doen?

KYK NA WAT DIE BYBEL SÊ:

  • Wat is God se Koninkryk?

    Dit is ’n hemelse regering waarvan Jesus Christus die Koning is. – Jesaja 9:6, 7; Matteus 5:3; Lukas 1:31-33.

  • Wat sal God se Koninkryk doen?

    Dit sal ’n einde maak aan alle slegte dinge en vir mense vir ewig vrede op die aarde bring. – Daniël 2:44; Matteus 6:10.

  • Wat beteken dit om die Koninkryk eerste te soek?

    Dit beteken om God se Koninkryk te ondersteun en te vertrou dat net die Koninkryk toestande op die aarde sal maak soos God dit wil hê. – Matteus 6:33; 13:44.