Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vergewe mekaar voordat dinge hand-uit ruk

VIR GETROUDES

4: Vergewe

4: Vergewe

WAT DIT BETEKEN

Om iemand te vergewe beteken dat jy nie vir hom kwaad bly of daaraan dink om hom terug te kry nie. Maar dit beteken ook nie dat jy die fout moet goedpraat of maak asof dit nie gebeur het nie.

BYBELWAARHEID: “Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe as iemand rede tot klagte teen ’n ander het.” — Kolossense 3:13.

“As jy vir iemand lief is, sal jy nie fokus op alles wat hulle verkeerd doen of sê nie, jy sal eerder fokus op die tipe persoon wat hy of sy graag wil wees.” — Aaron.

HOEKOM DIT BELANGRIK IS

As jy vir iemand kwaad bly, kan dit sleg wees vir jou gesondheid — fisies en emosioneel. Dit kan ook vir jou huwelik sleg wees.

“My man het eenkeer iets gedoen wat my baie seergemaak het. Hy het later jammer gesê, maar dit was nie maklik om hom te vergewe nie. Ek het dit toe op die ou end gedoen, maar ek is spyt dat ek dit nie vroeër gedoen het nie. Dit het dinge in ons verhouding onnodig moeilik gemaak.” — Julia.

WAT JULLE KAN DOEN

’N TOETS VIR JOU

As jou maat weer iets doen of sê wat jou seermaak, vra jouself af:

  • ‘Is ek te sensitief?’

  • ‘Kan ek net daarvan vergeet, of is dit regtig so ernstig dat my maat vir my moet jammer sê?’

’N TOETS VIR JULLE

  • Hoe lank vat dit ons gewoonlik om mekaar te vergewe?

  • Wat kan ons doen om mekaar gouer te vergewe?

PROBEER DIE VOLGENDE

  • Wanneer jy seergemaak voel, moenie net aanneem dat jou maat jou aspris wou seermaak nie.

  • Onthou “ons almal struikel dikwels”. Daarom moet jy probeer om jou maat te vergewe. — Jakobus 3:2.

“Dis maklik om jou maat te vergewe as jy ook verkeerd was. Maar as jy voel dat dit net jou maat se skuld is, is dit nie so maklik om te vergewe nie. ’n Mens moet regtig nederig wees om ander te vergewe en om dit te aanvaar as hulle jammer sê.” — Kimberly.

BYBELWAARHEID: “Wees gou om sake te skik [of, op te los].” — Matteus 5:25.

As jy vir iemand kwaad bly, kan dit sleg wees vir jou gesondheid — fisies en emosioneel. Dit kan ook vir jou huwelik sleg wees.