Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’N WÊRELD VOL PROBLEME

2 | Beskerm jou geld en besittings

2 | Beskerm jou geld en besittings

HOEKOM DIT SAAK MAAK

Baie mense sukkel elke dag net om die pot aan die kook te hou. Ongelukkig kan die probleme in die wêreld die lewe selfs nog moeiliker maak. Hoekom?

  • Wanneer daar probleme in ’n gebied is, raak dinge soos kos en behuising nog duurder.

  • Tye van krisis kan veroorsaak dat mense hulle werk verloor of dat hulle minder geld verdien.

  • Rampe kan mense se besighede, huise of ander besittings beskadig of vernietig, en dit veroorsaak dat baie mense arm word.

Wat jy moet weet

  • As jy leer om slim met jou geld te werk, sal jy beter voorbereid wees vir ’n krisis.

  • Onthou dat jou inkomste, spaargeld en die dinge wat jy besit, waarde kan verloor.

  • Daar is dinge wat geld nie kan koop nie, soos geluk en eenheid in die gesin.

Wat jy nou kan doen

Die Bybel sê: “As ons . . . kos en klere het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees.” – 1 Timoteus 6:8.

Om tevrede te wees, sluit in dat ons die dinge wat ons wil hê, beperk en dat ons tevrede is met die dinge wat ons nodig het. Dit is veral belangrik wanneer ons minder geld het.

Om tevrede te wees, beteken dalk dat jy jou lewe moet vereenvoudig. As jy meer geld spandeer as wat jy kan bekostig, sal jou finansiële situasie net erger word.